- 6 - hoenderborsfilette
- 6 - vars varkworsies met kruie (ek gebruik Woolworths s’n)
- 50 g - uitgedopte pistachio’s, grof gekap
- 12 - repe spek
- 30 ml - klaarbereide glaseersel (sien wenk)
Oondtemperatuur 200 °C
1 Voorverhit die oond. Vlek die filette sonder om die stukke vleis heeltemal deur te sny en vou dit oop. Kap elkeen liggies met 'n vleishamertjie dunner om seker te maak dis eweredig.
2 Verwyder elke varkworsie se derm en sprei die vleis oor die filette -een worsie se vleis per hoenderstuk. Strooi die neute oor en rol die gevulde filette op. Draai twee repe spek om elkeen.
3 Pak die rolletjies in 'n gesmeerde oondbak en bak dit vir sowat 20 minute. Glaseer mildelik en bak vir nog 5 minute of tot glansend en gaar. Laat rus die roulades vir 10 minute en sit heel voor, of sny dit in skyfies en rangskik op 'n opdienbord. Die hoender is heerlik warm óf teen kamertemperatuur.
Wenk
In die feestyd is die winkels vol lekker glaseersels. Gebruik jou gunsteling of bestryk die gaar hoender met 'n lepel stroperige BBQ-sous,soetrissiesous of heuning. Dit verleen glans en 'n sweempie soetigheid.
Jy kan ook 'n teelepel korrelmosterd en 'n eetlepel heuning by die pansappe inroer en die hoender daarmee bedruip.
















