Perfek vir enige okkasie: Klassieke mojito

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
FOTO Michael le Grange
FOTO Michael le Grange
  • (250 ml) 200g - suiker
  • 2 - steranys-peule
  • 250ml - water
  • - hand vol kruisementblare, van die stingels verwyder
  • - sap van 2 lemmetjies
  • 200ml - donker rum, opsioneel
  • 500g - gebreekte ys
  • 400ml - sodawater
  • 6 - takkies kruisement
  • 1 - lemmetjie, in skywe gesny
FOTO Michael le Grange
FOTO Michael le Grange

Bring suiker, steranyse en water tot kookpunt in 'n klein pot.

Kook vir 5 minute.

Laat afkoel en verwyder steranyse.

Plaas kruisementblare, lemmetjiesap en 100 ml van die suikerstroop in 'n groot glasbeker.

Gebruik punt van 'n houtrolstok en druk op blare in stroop sodat dit kneus en die geur loskom.

Voeg rum by en meng saam.

Gooi mengsel deur 'n sif en verdeel tussen 6 glase van jou keuse.

Vul elke glas met gebreekte ys en gooi genoeg sodawater by om glas vol te maak.

Garneer met kruisementtakkies en lemmetjieskywe.

Sit voor.

Herman Lensing | FOTO Michael le Grange

SPELETJIES VANDAG

CTA