Lekker roomysbroodjies

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
  • 1l - vanieljeroomys
  • 24 - reghoekige wafelkoekies, enige geur van jou keuse
  • 100g - donkersjokolade, gesmelt
  • - hand vol gepofte springmielies, grofgebreek

Sorg dat jou roomys goed gevries is.

Doop die hele roomysbak vir 'n paar sekondes in kookwater en keer dan uit op kapplank.

Sny roomys in skywe van 2 cm dik.

Pak helfte van koekies bo-op skywe en draai dan om.

Sny nou die roomys netjies reg rondom die koekies.

Plaas tweede koekie bo-op die gesnyde roomys sodat dit 'n toebroodjie vorm.

Plaas in vrieskas vir sowat 2 uur om ferm te raak.

Doop punte in gesmelte sjokolade en sprinkel springmielies oor.

Sit dadelik voor.

SPELETJIES VANDAG

CTA