- 15 ml - sesamolie
- 400 g - mini-hoenderfilette, elk in drie stukke gesny
- 2 - knoffelhuisies, fyngekap
- 2 cm - vars gemmer, geskil en gerasper
- - sowat 5 ml sambal oelek of jou gunsteling-rissiesous (opsioneel)
- 15 ml - swart sesamsaadjies
- - sowat 15 ml vars lemmetjiesap
- 10 ml - vissous
- 350 g - murgpampoentjie-zoedels (of spaghetti)
"Zoedels" is 'n noemnaam vir murgpampoentjie- ("zucchini"-) noedels - 'n plaasvervanger vir koolhidraatryke pasta. Sny die murgpampoentjies met 'n spiraalsnyer in lang, krullerige linte óf koop 'n pak klaar gesnyde zoedels by die supermark.
1 Meng die olie deur die hoender. Verhit 'n pan tot lekker warm en braai die hoender tot goudbruin oraloor. Roer net voor die hoender gaar is die knoffel, gemmer, sambal oelek, sesamsaad, lemmetjiesap en vissous by. Braai vir 'n minuut of twee tot geurig.
2 Voeg 'n klein skeutjie kookwater by die pan en roer die murgpampoentjie-zoedels deur die warm, souserige roerbraai. Braai vir 'n paar minute total dente en haal van die hitte af. Die tekstuur van die murgpampoentjie is baie belangrik en dit moet beslis nie oorgaar en pap word nie. Geur na smaak met sout en peper, en smul dadelik. 'n Strooisel mikro-basilieblaartjies is 'n opsionele ekstra.


















