- 2 x 250 g - -blaardeegvelle, gemaak met regte botter
- - sowat 30 ml sjokoladesmeer
- - sowat 15 ml kaneelsuiker
1 Voorverhit die oond (190 °C). Blaardeeg moet koud bly vir die beste resultate, so werk vinnig! Sit die eerste vel deeg op 'n skoon oppervlak neer en smeer versigtig 'n dun lagie sjokoladesmeer oor. Sit nou die tweede vel deeg bo-op en strooi die kaneelsuiker oor.
2 Vou dan die deegstapel van twee kante na die middel op om die U-vormige spirale te maak (jy kan dit ook net doodgewoon soos 'n rolkoek oprol). Gebruik 'n skerp mes en sny die deegrol versigtig in 1,5 cm-skywe. Pak die skywe op 'n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is.
3 Bak vir sowat 12 minute of tot goudbruin en uitgerys. Draai die spirale versigtig om en bak vir nog 5 minute. Die palmiers moet net deurgebak wees, sonder dat dit kurkdroog word. Dis 'n groot bederf saam met 'n beker tee of in jou kosblik.
















