Genoeg vir: 1 x 30 cm-tert
Bereidingstyd: 35 minute
Gaarmaaktyd: 30 minute
Oondtemperatuur: 180 °C
Bestanddele
• 200 g gemmerkoekies, fyngekrummel
• 100 ml botter, gesmelt
• 3 opgehoopte lepels bessiekonfyt
• 75 g botter
• 180 g donkersjokolade
• 250 ml suurroom
• 2 eiers
• 50 ml strooisuiker
• 15 ml vanieljegeursel
• knippie sout
Só maak jy
1 Voorverhit die oond. Meng die koekiekrummels en botter saam en druk dit in 'n losboom-tertpan vas. Bak die kors vir 10 minute en laat dit effens afkoel. Smeer versigtig 'n lagie konfyt oor.
2 Smelt die botter, sjokolade en suurroom saam oor matige hitte. Roer gereeld tot die mengsel glad is; moet dit nie oorverhit nie. Laat dit effens afkoel. Klits die eiers, strooisuiker, vanielje en sout saam tot lig, en vou die sjokolademengsel versigtig daarby in tot goed gemeng. Giet dit oor die konfytlaag en bak vir 15-20 minute. Laat staan die tert vir 20 minute en sit dit dan voor met roomys.
















