- 60ml - botter
- 150g - malvalekkers, gesnipper (of gebruik mini-malvalekkers)
- vanieljegeursel en sout (opsioneel)
- 750ml - Rice Krispies
- 160g - melksjokolade
- 80g - witsjokolade
- 1 - oorvol koppie van jou gunsteling- klein sjokolades soos Smarties, spikkeleiertjies, hasies, klein koekies en strooisels
STAP 1

Voer 'n 20 x 20cm-pan uit met bakpapier. Smelt die botter in 'n klein kastrol; hou aan roer met 'n spaan totdat dit skuim en die kleur verdiep tot goudbruin.
STAP 2

Draai die hitte baie laag en roer die malvalekkers by tot dit meestal gesmelt is. Jy kan, as jy wil, 'n teelepeltjie vanieljegeursel en 'n knippie sout byvoeg vir ekstra geur.
STAP 3

Verwyder van die hitte en roer driftig al die Rice Krispies by tot goed gemeng.
STAP 4

Skep dadelik in die voorbereide pan; sprei dit uit met 'n spaan in 'n eweredige laag.
STAP 5

Smelt die twee kleure sjokolade apart. Giet eers die melksjokolade oor die blok pofrys, gevolg deur die witsjokolade. Trek die kleure dan deurmekaar met 'n lepel of mes vir 'n marmer-effek. Versier na hartelus met die klein sjokolades, koekies en ander strooisels.
Ta-da!
Laat jou meesterstuk vir sowat 30 minute in die yskas stol, sny in blokkies en smul.
- Bykomstighede van Plan B Vintage (082 491 3677)
















