STAP-VIR-STAP: Ryspapierblomme

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: ER Lombard
Foto: ER Lombard
  • - 3 of 4 ryspapiervelle (“wrappers”)
  • - sowat 45 ml oorskietrys (gaar)
  • 5ml - borrie
  • 5ml - mielieblom
  • - kanola-olie vir diepbraai

Bros gebraaide ryspapier het die tekstuur van 'n tjippie en kan met legio bolaagbestanddele voorgesit word. Jy kan dit selfs in blomme omtower!

Voor jy begin

Foto: ER Lombard
Foto: ER Lombard

Ryspapiervelle is baie bros en kan splinter. Gebruik dus 'n dunlem-skêr en werk versigtig.

STAP 1

Foto: ER Lombard
Foto: ER Lombard

Knip versigtig sirkels uit die ryspapier. Jy het twee per blom nodig - een groot en een kleiner. Ons s'n is onderskeidelik 6cm en 3cm in deursnee. Vorm die blomblare deur klein snitte by 12-uur, 3-uur, 6-uur en 9-uur in elke sirkel te knip, met nog 'n snit tussen elkeen.

STAP 2

Foto: ER Lombard
Foto: ER Lombard

Meng die rys met die borrie, mielieblom en net genoeg water om 'n klewerige geel "gom" te maak. Plak elke blom se twee sirkels met 'n skeppie geel rys aan mekaar vas, en sit ook 'n skeppie bo-op die middel van elke blom.

STAP 3

Foto: ER Lombard
Foto: ER Lombard

Verhit kanola-olie, 2cm diep, in 'n klein pan tot warm. Toets die olie met 'n snipper ryspapier - as dit dadelik dryf en borrels maak, is die olie warm genoeg. Laat sak die blomme een vir een in die warm olie met behulp van 'n gaatjieslepel.

STAP 4

Foto: ER Lombard
Foto: ER Lombard

Braai vir 'n minuut of twee tot bros en opgepof, en skep dadelik uit op kombuispapier. Herhaal vir die res van die blomme.

Wenk Dié bros blomme is baie delikaat en moet liefs nie lank staan voor opdiening nie.

SPELETJIES VANDAG

CTA