Kos + wyn

Lekker! Vlaskywe met grenadella-versiersel

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
(Francois Oberholster)
  • 27 - Tennisbeskuitjies
  • - VLA
  • 1 l - melk
  • 5 ml - vanieljegeursel
  • 70g (120ml) - vlapoeier
  • 100g (125ml) - strooisuiker
  • 8 - eiergele (hou die witte eenkant)
  • - VERSIERSEL
  • 30 ml - grenadellapulp
  • 15 ml - gesmelte botter
  • 130g (250ml) - versiersuiker

1. Voer 'n vierkantige bak waarin 9 Tennis­ beskuitjies knus pas met bakpapier uit (dit help met die uitkeerslag). Pak 9 van die beskuitjies in 'n vierkant onderin die bak.

2. Maak die vlaVerhit die melk in 'n klein kastrol tot net onder kookpunt. Klits die res van die vulsel bestanddele saam tot glad. Giet die melk geleidelik by die vlamengsel terwyl jy aanhoudend klits om te keer dat klonte vorm. Skep alles terug in die kastrol en klits verder oor matige hitte tot die vla dik en gaar is.

3. Giet die helfte van die vla oordie eerste laag beskuitjies en pak nog 'n laag beskuitjies bo-­op.Giet nou versigtig die res van die vla oor en bedek met die laastelaag beskuitjies. Laat die tertheeltemal afkoel voor jy dit in dieyskas laat stol.

4. Om voor te sitKlits die grenadella­ pulp, botter en versiersuiker saam tot glad. Sny die tert in nege blokke en giet die versiersel oor. Sit voor met meringue­ soentjies (resep onder).

Meringue-soentjies

Klits 8 eierwitte saam met 'n knippie kremetart en 'n knippie sout tot sagte punte vorm (gebruik die eierwitte van die vlatertresep). Voeg nou sowat 500 g (625ml) strooisuiker lepel vir lepel by terwyl jy klits - sodoende los al die suiker op en word die meringuemengsel glansend en styf. Skep of spuit met 'n spuitsak klein soentjies op bakplate wat met bakpapier uitgevoer is. Droog dit vir sowat 1 uur uit teen 100 °C en laat in die oond afkoel as jy genoeg plek het. Die happies hou sowat 'n week in 'n lugdigte houer. Strooi 'n lagie strooisuiker onderin die bak - dit help keer dat die meringues pap word.

Volgende resep: Gebakte Toffie Sjokolade-Poeding

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM