RESEP | Yskas-lagiepoeding

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Yskaslagie-poeding
Yskaslagie-poeding
  • 150g - sjokolademousse of kitspoeding (Woolworths)
  • 90g - karamelkitspoeding (soos Moirs)
  • - koue volroommelk (vir albei die kitspoedings; lees aanwysings op die pakkie)
  • 250ml - room
  • 200g - Cream Crackers- of Tennisbeskuitjies
  • 360g - karamelkondensmelk

1 Maak die sjokolade- en kitspoedings afsonderlik aan met die melk volgens die aanwysings op die pakkies.

2 Klits die room styf en meng die helfte van die room met die sjokoladepoeding en die ander helfte met die karamelpoeding.

3 Spuit 'n 30 x 22 cm-bak met 'n kleefwerende sproei. Pak 'n laag beskuitjies in die bak en giet al die sjokoladepoedingmengsel daaroor. Pak nog 'n laag beskuitjies daaroor en smeer die karamelpoeding bo-oor en eindig met 'n derde laag beskuitjies. Plaas in die yskas vir ten minste 4 uur of oornag om te stol.

4 Smeer die karamel oor die tert en sit voor.

Aletta Lintvelt

SPELETJIES VANDAG

CTA