Ouerskap

Potjielesse wat werk!

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Getty Images
Foto: Getty Images

Moenie oorgeesdriftig of behep raak met potjielesse nie. Dit kan tot ongeduld en onrealistiese verwagtinge lei

Carien Grobler, Krugersdorp

'n Mens moenie dink dat al jou kinders dieselfde is nie. Ons het byvoorbeeld 'n potjie vir ons dogtertjie gebruik terwyl ons seuntjie weer niks daarvan wou weet nie. Ons het vir hom 'n trappie by die gewone toilet neergesit. Hy wou ook in 'n stadium glad nie staan en piepie nie en ek het hom toe net meer dikwels saam met my geneem om buite te gaan piepie. Dit het toe maklik reggekom! - Johan Schutte, Hoedspruit

Ons dogtertjie het blitsvinnig die potjie bemeester, maar toe haar boetie gebore is, wou sy skielik weer doeke dra en het baie glipsies gehad. Ek het probeer kalm bly, maar het my humeur 'n paar keer verloor. Dit het die situasie net vererger. Met baie geduld het dit gelukkig beter geword. - Christine Van Der Watt, Durban

Ek het 'n oulike boek gekoop oor 'n kind wat besig is met potjielesse en dit vir my dogtertjie gelees. Dit was vir haar baie oulik en sy wou ook soos die kind in die boek kolletjie-panties dra! - Lesley Turner, Johannesburg

Dalk weet almal dit, maar dis belangrik om dogtertjies te leer om van voor na agter te vee om kieme daar weg te hou. Nog 'n wenk is dat ons 'n groot ophef van die onderklere- inkopies gemaak het. Ons seuntjie het self sy broekies gekies en hy was erg ingenome daarmee! - Tracey Olivier, Worcester

Zerelda Esterhuizen