Ouerskap

REDAKTEURSBRIEF | Heerlike somer!

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Baba & Kleuter Oktober 2022 tot Januarie 2023-uitgawe
Baba & Kleuter Oktober 2022 tot Januarie 2023-uitgawe

Die winter is verby, en die pandemie klaarblyklik ook. Sjoe! Ons kon uiteindelik weer vir Oma in Duitsland gaan kuier en het dus sommer 'n lekker stuk van die Gautengse winter ook vrygespring - wat my piekfyn pas. Ek kry gou koud en dit maak my knorrig.

Die somerweer in Europa was fantasties.

As Suid-Afrikaner lag jy maar bietjie in jou mou vir wat hulle 'n hittegolf noem. Ek was in die Paarl op skool en het gereeld in Februarie (met 'n warm middagete in my maag) 2.30 smiddags atletiek geoefen in die son met temperature van in die 40 grade. Dit was erg, maar almal het oorleef. Die koshuis het nie eens lugversorging gehad nie.

Ons is dus maar net anders gekalibreer. My gemaksone is 25 grade, maar dis wanneer skoonma en kie weer begin verwelk.

Nou wag ons vir die Kaap om ook 'n slag somer te kry sodat ons vir Granny kan gaan kuier, want daar was ons ook lank-laas. Ek wil my tydsberekening net regkry sodat die reën verby is, maar die Suidooster nog nie begin waai het nie.

Wat is jul somerplanne? Ons kan mos weer vlieg en mense sien en konserte en feeste bywoon en kuier en rinkink.

Skryf vir ons en stuur foto's na sharing@ypbmagazine.com.

Hierdie uitgawe is vol inspirasie om voluit te lewe!

Groete

Helen

Ek en my jongste was vier dae Nederland toe. My uitrusting het so mooi by die Rijksmuseum se vloer gepas, ek moes dit afneem. Die sandale was egter 'n groot fout. As jy wil byhou by 'n 16-jarige in Amsterdam moet jy eerder tekkies dra, al is die zomer ook hoe warm.
Ek en my jongste was vier dae Nederland toe. My uitrusting het so mooi by die Rijksmuseum se vloer gepas, ek moes dit afneem. Die sandale was egter 'n groot fout. As jy wil byhou by 'n 16-jarige in Amsterdam moet jy eerder tekkies dra, al is die zomer ook hoe warm.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM