Bly hier: Montpellier-wynlandgoed, Tulbagh

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Die geskiedkundige dorp word aan drie kante omring deur dieGroot-Winterhoek, Witzenberg- en Obiekwaberg... ja, hier is dus hope te sien endoen: Die perdryroetes is veral gewild, asook 'n stap na die waterval in dieWaterval- natuurreservaat. Wenk: Kole en Deeg in Van der Stel-straat is diéplek vir vars roosterkoek (079 489 7428).

In die omgewing is 'n gevestigde wynroete met bekroonde land-goedere eneen hiervan is Montpellier. Dié landgoed is 'n gewilde venue vir troues (hieris 'n mooi kapel en genoeg slaapplek vir die nuwe skoonmense), maar jy kan ookhierheen uitwyk vir wynproe en 'n ete onder die bome (die pizzas proe soosnog!). Boonop bied dié plaas 'n verskeidenheid van blyplekke as jy die "valleivan oorvloed" vir 'n naweek wil geniet.

Die Manor House is 'n deftige Kaaps-Hollandse huis met hoë dakke,houtvloere, en antieke meubels. Hier is vier kamers met dubbelbeddens wat apartof saam bespreek kan word. Die kamers is bed-en-ontbyt. Bo in dieselfde huis isdie Manor House Dormitory met meer informele slaapplek.

Ek het in The Stable Rooms tuisgegaan, wat elkeen slaapplek het vir tweemense. My kamer het 'n diép pootjiesbad gehad van waar jy oor 'n mooi tuin kanuitkyk. Hier is 'n koffie-en-teestasie in elke kamer.

'n Stoep loop om diestalkamers waar jy in die skemerte kan kyk hoe die son sak, natuurlik met 'nglas Montpellier MCC in die hand. (Die personeel was gasvry en het ekstrahanddoeke en ysemmers aangedra. Dankie, Leon!)

Gaste het toegang tot die swembad tussen die Manor House en The StableRooms. Hier is hope speelplek vir kinders, kompleet met 'n springkasteel.Buiten die wingerde is hier oral op die plaas groen gras-perke, interessantestappaadjies, en 'n winkeltjie en deli.

Indien jy meer private selfsorgblyplek soek, is hier Rietdakkies (tussendie wingerde), Oude Pastorie, Constantia Cottages, The Constantia Loft en TheTree House in 'n woud wat perfek is vir 'n paartjie.

Asof dit nie genoeg keuses bied nie, is daar nog die Cellar Loft(selfsorg) en Cellar Loft Rooms (nie-selfsorg).

Koste Die pryse wissel van ongeveer R900 tot R1 200 per nag vir twee. Van dieverblyfopsies sluit ontbyt in. Gaan na die webtuiste vir al die besonderhede enpresiese pryse.

Waar? Tulbagh is ongeveer een en 'n half uur (120 km) buite Kaapstad met

die N1 en R44. Montpellier is op die Twee Jonge Gezellen-landgoedpad.

Kontakhttps://www.montpellier.co.za/montpellier-accomodation/montpellier.co.za;082 334 4334

SPELETJIES VANDAG

CTA