Reis

Land Rover Defender kry sagte dak

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Land Rover Classic is 'n filiaal van JLR wat kyk na die behoeftes van aanhangers wat net nie kan vat kry aan die nuwe Defender nie en eerder hulle ou Landie in 'n puik toestand wil hou.

Die jongste sagtedakmodel kry in der waarheid 'n gerestoureerde bakwerk - die 90-reeks, wat tussen 2012 en 2016 gebou is - met 'n namaaksel van die oorspronklike sagte dakkie.

Al hierdie modelle kry 'n nuwer petrol­aangedrewe 5,0l-V8-enjin en 'n outomatiese agtspoed-ZF-ratkas.

Die prys word slegs in Britse pond verskaf: Die £195000-etiket klink dalk straf (dit is immers R4,7 miljoen), maar dit sluit alles in en jy hoef nie 'n bakwerk te verskaf vir die ombouing nie.

Oorspronklike Defenders raak by die dag skaarser en jy kan moontlik groot geld maak deur joune na Brittanje te verskeep.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM