Reis

Ryloop langs die Malawimeer: ’n Avontuur uit die vroeë negentigerjare

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Ons het soontoe gevlieg en in die hoofstad, Lilongwe, geland. Dit is geleë in die sentrale deel van die land en is naby die grens van Zambië en van Mosambiek.

'n Interessante stukkie geskiedenis waarvan nie almal bewus is nie, is dat die destydse president, Hastings Banda, medies gestudeer het in Amerika en glo 'n verhouding met 'n vrou, ene French, aangeknoop het. (Volgens die webtuiste newworldencyclopedia.orgwas Banda nogal omstrede: Sommiges het hom as 'n held beskou, terwyl ander hom eerder 'n politieke tiran genoem het. Hy is in 1997 in Suid-Afrika oorlede, terwyl die pennielose juffrou French in 1976 die tydelike met die ewige verwissel het. - Red.).

Ons wou graag by Kaap Maclear kamp waar die Livingstonia-sendingstasie in 1875 opgerig is. Kaap Maclear het 'n hawe gehad, maar het ook deurgeloop onder die tsetsevlieë.

Dié vlieg leef van bloed en kan slaapsiekte veroorsaak. Terwyl ons langs die Malawimeer by die Sunbird Nkopola-lodge gekamp het, het ons daagliks vars papajas geëet. 'n Jong man het self die papajabome in die kampplek uitgeklim om die vrugte in die hande te kry.

Ryloop was nie regtig veilig nie en ek en Sue het dit buitendien nog nie voorheen gedoen nie. Dit het wel veilig gevoel in Malawi en ons het besluit om te probeer.

Sue het haar duim uitgegooi, 'n vragmotor het stilgehou en ons het opgeklim. Iets wat ek ook goed onthou, is die himalajabessies wat ons daar geëet het. Heerlik, sappig en vars!

Ons hoor graag wat jy op die hart het! Skryf vir ons by rysleep@weg.co.za en onthou asseblief om jou volledige adres en kontakbesonderhede te gee.

Ry & Sleep behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort - en na goeddunke in die tydskrif, op die webwerf en elders te gebruik.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM