Reis

Leser se skokfoto: Rommel in die wildtuin!

(Peter Cole)

Ek en my vrou, Susan, besoek die Krugerwildtuin al die afgelope 15-20 jaar, en soms kry ons geleentheid om selfs meer as een keer per jaar 'n draai te maak.

Ons kamp met 'n Bush Lapa en het ’n ruk gelede weer twee weke daar gaan kamp.

Dit was by Pretoriuskop en Letaba, en op die H1-1 digby Pretoriuskop het ek foto's geneem van die bekende hiënagat met 'n klomp kleintjies langs die pad.

Toe ek by die huis deur my foto's gaan, sien ek sowaar een van die outjies kou aan 'n plastiekbottel.

Dit moet iemand gewees het wat hier verbygekom en dit net uitgegooi het pleks daarvan om dit eerder in die kamp weg te gooi.

As 'n mens so gelukkig is om een van die nasionale parke te besoek, neem jou vullis saam met jou.

Omtrent in al die kampe is daar herwinningsgeriewe - kom ons doen ons deel vir die omgewing en wilde diere.

Ons hoor graag wat jy op die hart het!

Skryf vir ons by rysleep@weg.co.za en onthou asseblief om jou volledige adres en kontakbesonderhede te gee.

Ry & Sleep behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort – en na goeddunke in die tydskrif, op die webwerf en elders te gebruik.

As jy betrap word terwyl jy vullis strooi in die Kruger, word jy summier met R1 500 beboet. - Red.

CTA