Koalabere slaap elke dag tot 20 ure lank sodat hulle liggame diegifstowwe uit hulle stapelvoedsel - giftige bloekomboomblare - kan afbreek.
Dieblare verskaf ook nie veel energie nie; nog 'n rede hoekom dié diere so lankslaap.
Koalabere is inheems tot Australië, waar hulle slegs in die suidoostelike en oostelike dele van die land voorkom, langs die kuslyne van Queensland, Nieu-Suid-Wallis, Suid-Australië en Victoria.
Hulle leef in woude en oop bosveld, tipies oorheers deur bloekombome. In binnelandse gebiede kom hulle gewoonlik voor in bloekombosse naby waterbronne soos strome en spruite.
Bronhttps://www.wwf.org.uk/learn/fascinating-facts/koalawwf.org.uk
















