Leef

Serpe ’n huldeblyk

Van Ardmore se elegante serpe wat deur die hoephoep geïnspireer is.
Van Ardmore se elegante serpe wat deur die hoephoep geïnspireer is. (Foto: ardmore-design.com)

Wêreldwyd bekend vir uitsonderlike vakmanskap, ontwerp en storievertel vier Ardmore vanjaar 40 jaar van kreatiwiteit met ’n reeks eksklusiewe serpe.

(Foto: ardmore-design.com)

Elke serp is geïnspireer deur een van SA se kleurrykste voëls, die hoephoep – ’n simbool van wysheid en heling.

Die serpe is ook ’n huldeblyk aan Punch Shabalala, wat al vir 38 jaar ’n kunstenaar by dié beroemde keramiek- en tekstielateljee is en wie se skeppendheid en veerkragtigheid ’n stempel van Ardmore geword het.

Gemaak van suiwer Italiaanse sy is elke serp omkeerbaar en in skakerings soos Chalk, Rust en Safari, wat dié van die hoephoep en die Afrika-landskap weerspieël.

(Foto: ardmore-design.com)

Daar is ook serpe vir jou hare en handsak. Tegelyk kunswerke en erfstukke.