Kersklappers
Benodigdhede
- kleeflint
- toiletrolle
- klapperstroke (by merrypak.co.za te koop)
- klein geskenke of lekkers
- gekleurde geskenkpapier en lint
- klein rekkies



Kussinggeskenkboks
Benodigdhede
- toiletrol
- geskenkpapier of blinkers
- lint



5 Kitswenke
Koekies
Is jou kinders verveeld dié skoolvakansie? Bak 'n baksel koekies, vul drukbottels met versiersel en laat hulle hulself vermaak deur die koekies te versier.
Gemmerbroodmannetjies
Bak jy gemmerbroodmannetjies of boomvormige koekies? Bak 'n paar ekstra en maak ornamente wat jare sal hou. Verf bloot drie lae deurskynende vernis oor. En sorg dat die kinders nie daaraan knibbel nie.
Geskenkpapier
Is jou geskenkpapier op? Was 'n leë tjipspak goed uit. Keer dit om sodat die silwer aan die buitekant is, sit jou geskenk binne-in en bind die bokant daarvan met lint vas.
Kersboomversierings
Is jou ou Kersboomversierings se toutjies weg? Gebruik kabelbinders om dit aan die boom te hang - dis sterker en minder moeite as tou of gare.
Kersliggies
Vou jou Kersliggies om 'n driehoekige klerehanger wanneer jy jou boom wegpak. Dan sal jy nie volgende jaar met 'n frustrerende kraaines hoef te sukkel nie.
BRONNE: BUZZFEED.COM, MASHABLE.COM, PINTEREST.COM
ONS DOEN ONS BES OM GOEIE RAAD SAAM TE STEL, MAAR JY BEPROEF DIé WENKE OP JOU EIE RISIKO. HUISGENOOT AANVAAR NIE VERANTWOORDELIKHEID VIR ENIGE SKADE OF BESERING WAT DAARDEUR VEROORSAAK IS NIE.
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op Instagram, Twitter, Facebook, WhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.




















