Styl

10 maklike selfdoen-idees vir jou troue

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die Amerikaanse model Jasmine Tookes op haar troudag. FOTO Daniel Maldonado verkry op Instagram / Jasmine Tookes
Die Amerikaanse model Jasmine Tookes op haar troudag. FOTO Daniel Maldonado verkry op Instagram / Jasmine Tookes

Hier is 10 selfdoen-idees waarmee jy geld kan bespaar op van dekor tot skryfbehoeftes vir jou troudag.

FOTO: Unsplash
FOTO: Unsplash

#1 Ontwerp jou eie skryfbehoeftes

Deesdae is daar 'n hele rits aanlyn programme beskikbaar wat jou in staat stel om jou eie skryfbehoeftes soos uitnodigings, programme, plekkaartjies en spyskaarte te ontwerp. Kies een van die ontwerpe of wees kreatief en ontwerp jou eie. Dan is dit net die papier en drukwerk waaraan jy geld hoef te spandeer.

FOTO: Pexels
FOTO: Pexels

#2 Veldblomme vir jou tafels

Blomme kan baie duur wees. Versier eerder jou tafels met veldblomme, blare en selfs grasse wat jy self gepluk het en losweg in bossies aan mekaar bind. Dit skep 'n natuurlike, boheemse gevoel. Dink bloekomblare, kosmos en pampasgras.

FOTO: Unsplash
FOTO: Unsplash

#3 Gooi matte

Die gebruik van vintage-matte as 'n dekor-item by jou troue is tans hoogmode. Vra vriende of familie om hul matte te bring en lê dit in die paadjie na die kansel, in die onthaalsaal en selfs buite om die aand 'n gesellige, huislike gevoel te gee.

FOTO: Getty / Gallo Images
FOTO: Getty / Gallo Images

#4 Speel met kurk

Versamel kurkproppe en gebruik dit om plekkaartjies of foto's in te steek. Glasbakke gevul met kurkproppe kan ook vir 'n elegante dekor-element sorg.

FOTO: Unsplash
FOTO: Unsplash

#5 Visuele gasteboek

Gebruik so 'n ou esel met stringe wasgoedpennetjies as "gasteboek" en gee vir jou gaste 'n polaroid-kamera sodat hulle foto's saam met hul boodskappe daaraan kan vassteek. Maak net seker jy koop genoeg film!

FOTO: Getty / Gallo Images
FOTO: Getty / Gallo Images

#6 Kunstig met blare

Pleks van tradisionele blomme, versier jou tafels met groot groen blare, soos dié van die geraamteplant. Dit lyk elegant in 'n eenvoudige glaspot en bly boonop dae lank vars in net 'n klein bietjie water. Jy kan selfs op die blare skryf om plekke aan te dui.

FOTO: Unsplash
FOTO: Unsplash

#7 Lekkerruik-kruie

Vars kruie by jou troue lyk mooi én sorg vir 'n heerlike geur. Sit 'n takkie of twee by elke bord, versier drankies daarmee of gee potjies daarvan as geskenke vir gaste.

FOTO: Instagram / @kleinbergskloof
FOTO: Instagram / @kleinbergskloof

#8 Herwin wynbottels

Wynbottels werk uitstekend as eenvoudige, elegante kershouers of as blompotte op tafels. Jy kan deursigtige bottels selfs as waterbottels op die tafels gebruik of tafelnommers en plekaanwysings daarop verf.

FOTO: Getty / Gallo Images
FOTO: Getty / Gallo Images

#9 Maak jou eie etikette

Ontwerp jou eie etikette vir wyn- of vonkelwynbottels as 'n spesiale aandenking van die dag, of kies een van die ontwerpe wat aanlyn beskikbaar is. Druk dit op plakpapier uit en sny dit in die verlangde grootte.

FOTO: Getty / Gallo Images
FOTO: Getty / Gallo Images

#10 Doen-dit-self-geskenke

Eetbare geskenke vir gaste bly gewild. Bak vir jou gaste koekies of gee vir hulle 'n klein flessie konfyt of lekkergoed om saam te neem huis toe.

FOTO: Unsplash
FOTO: Unsplash

Onthou!

Besoek SARIE Bruid: (ver)koop my rok & ander dienstevir nóg trou-inspirasie!

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM