Langer jonger: Serums is ’n super-trend

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto ter illustrasie: Shiny Diamond/pexels.com
Foto ter illustrasie: Shiny Diamond/pexels.com

Verkwik jou vel

Produkfoto: Verskaf
Produkfoto: Verskaf

Soms voel dit of jou vel alewig vaal lyk. Ons vel word daagliks aan verskeie skadelike stowwe blootgestel. Ons velwand werk oortyd en mettertyd is dehidrasie, droogheid, die tekens van veroudering en rooiheid meer sigbaar.

Verkwik jou vel met die Avène Cicalfate+ Intensive Skin Recovery Serum (R500) wat inflammasie reguleer en die velwand herstel.

Verryk met die unieke Avène-mineraalbronwater en pro-vitamien B5, beloof die serum om reeds binne 'n dag jou vel stralender en jeugdiger te laat lyk.

Beveg veroudering

Produkfoto: Verskaf
Produkfoto: Verskaf

Ná 15 jaar se navorsing oor epigenetika in velsorg (hoe leefstyl en die omgewing jou gene beïnvloed en tot velveroudering lei) tref die Eucerin Hyaluron-Filler Epicelline Serum (R900) uiteindelik ons winkelrakke.

Met behulp van 'n gepatenteerde formule teiken dié innoverende serum 'n wye verskeidenheid velsorgkwessies wat met veroudering gepaardgaan.

Die unieke sleutelbestanddeel, Epicelline, keer epigenetiese veranderinge in die vel om en beloof om in vier weke 'n wesenlike verskil aan jou vel se voorkoms te maak.

Yolandé Swanepoel, akademiese hoof by die Isa Carstens Akademie, sê:

'n Serum bied die mees gekonsentreerde vorm van aktiewe bestanddele en is geformuleer om die vel dieper binne te dring.

Dit lewer uitstekende resultate en is ideaal om onder 'n dag- of nagroom te gebruik.

* Isa Carstens is die hoofborg van SARIE Voorbladgesig en SARIE Nuwe Gesig 2025

Knikker donker vlekke uit

Produkfoto: Verskaf
Produkfoto: Verskaf

Donker vlekke is van die grootste sondaars wat jou ouer kan laat lyk. Vitamien C in die Nuxe Nuxuriance Ultra The Dark Spot Correcting Serum (R1 245) verklein, verlig én verminder hardnekkige donker vlekke.

Hialuroonsuur, alfalfa- en Hemerocallis fulva-ekstrak vorm deel van die bestanddelelys om pigmentasie te takel. Wend daagliks drie druppels van die hoogs gekonsentreerde serum op jou vel aan vir die beste resultate.

Die serum spog boonop met 'n lieflike geur wat subtiel op jou vel talm.

Vir 'n fermer vel

By isacarstensaesthetics.co.za
By isacarstensaesthetics.co.za

Die Isa Carstens Active Peptide Serum (R965) bevat kragtige aktiewe bestanddele soos ryssemel- en sesamolie asook hialuroonsuur wat help om kollageen- en elastien-vervaardiging 'n hupstoot te gee.

Saam sorg dit vir 'n fermer veltekstuur. Die serum is geformuleer om moeiteloos vog aan sowel jou vel se epidermis (boonste vellaag) as dermis (dieper laag) te lewer.

* Produkpryse is voorgestelde pryse en kan verskil van winkel tot winkel.

SPELETJIES VANDAG

CTA