Stap vir stap: Voorbladmooi

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Jennica Marais & Lee-Shay Alexander
Jennica Marais & Lee-Shay Alexander (FOTO’S: LEANA CR)

Voorbladgesig-wenner: Jennica

Jennica. Bloes: H&M
Jennica. Bloes: H&M (Netwerk24)

GRIMERING

Die Kaapse grimeerkunstenaar Algria het begin deur ’n paar druppels serum by ’n vloeibare onderlaag in te meng. Sy het Estée Lauder se Advanced Night Repair-serum gebruik.

Die onderlaag is met ’n ronde onderlaagborsel en grimeersponsie oor Jennica se gesig aangewend. Dit lewer ’n foutlose afwerking, maar jy kan tuis sommer ook jou vingers gebruik.

WenkDie serum kalmeer jou vel en gee dit ’n ekstra tikkie vog en glans. ’n Bietjie vogroom kan dieselfde doen, sê Algria

Om donker kringe te verlig het Algria verbloemer in die holte van Jennica se oë aangewend. Daarna is haar oë hoofsaaklik in skakerings met rooi en bruin ondertone gegrimeer om haar groenbruin oë te laat uitstaan.

’n Baie subtiele vlerkie is met oogskadu in die buitehoeke van haar oë getrek om haar oë te lig, terwyl ’n tikkie goudkleurige verbronser in die binnehoeke en op die oogbal haar oë oper laat lyk.

Ná ’n paar lae maskara aan die boonste wimpers is maskara ook aan die onderste wimpers aangewend om haar ooghoeke te verleng.

Vir die voorblad is dit belangrik dat Jennica se wenkbroue so natuurlik as moontlik lyk. Daarom het Algria bloot haar wenkbroue liggies ingevul met ’n wenkbroupotlood, die haartjies netjies regop gekam en dit geset met ’n deursigtige jel.

Om Jennica se mooi wangbene te beklemtoon is sagte kontoere net onder haar wangbene geskep. ’n Romerige verligter is aan die buitekant van haar oë, op haar neus, rondom haar neusvleuels en op die lyn van haar bolip (Cupid’s bow) aangetik.

Om warmte aan Jennica se gesig te gee het Algria ook verbronser op haar wangbene en voorkop aangewend.

“Dit moet lyk asof daar sagte kerslig op jou gesig val.”

Om alles mooi af te rond is Jennica se bolip netjies omlyn en ’n sagte perskekleurige lipstiffie en lipglans aangewend.

HARE

Vir ’n natuurlike voorkoms moes Jennica se hare so min as moontlik “gedoen” lyk.

Jeanette Genis, haarstileerder van Kaapstad, het begin deur ’n “anti-frizz”-sproei aan te spuit en haar hare uitgeblaas met ’n groot ronde borsel om dit glad en blink te laat lyk.

Met ’n groot krultang is los golwe net aan die onderste helfte van haar haarlengtes geskep, waarna Jeanette dit met haar hande uitgekam het sodat dit natuurlik lyk.

Die styl is mooi in plek geset met ’n goeie haarsproei wat ook glans gee.

PROBEER

1. essence Baby Got Glow Liquid Highlighter in Sassy in  Silk (R70) 2. Nars Climax Dramatic Volumizing Mascara (R655). By ARC 3. Olaplex Volumizing Blow Dry Mist (R860). By uitsoeksalonne
1. essence Baby Got Glow Liquid Highlighter in Sassy in Silk (R70) 2. Nars Climax Dramatic Volumizing Mascara (R655). By ARC 3. Olaplex Volumizing Blow Dry Mist (R860). By uitsoeksalonne (Netwerk24)

Nuwe gesig-wenner: Lee-Shay

Lee-Shay. Bloes: Philosophy deur Jenni Button, belt stilis se eie.
Lee-Shay. Bloes: Philosophy deur Jenni Button, belt stilis se eie. (Netwerk24)

GRIMERING

Lee-Shay se vel is voorberei met ’n serum-basislaag wat niasienamied bevat om haar vel te kalmeer en bevog. ’n Onderlaag met ’n satynafwerking is baie lig aangewend omdat sy so jonk is.

“Haar vel moet steeds soos vel lyk,” sê Algria. Vir Lee-Shay se amandelvormige bruin oë is ’n oogskadu-palet met natuurlike skakerings van onder meer ligpienk, sandkleur en sjokoladebruin gebruik en effens rokerig geskakeer.

’n Swart jel-oogomlyner is gebruik om haar oë te omlyn en klein, subtiele vlerkies aan die buitehoeke van haar oë te trek.

Op haar boonste waterlyn (die gedeelte net onder die wimperhaartjies) is ’n bruin oogpotlood gebruik om haar wimpers voller te laat lyk.

WenkWend oogpotlood of -skadu net op die buitehoeke van jou onderste wimperlyn aan, sê Algria. As jy die hele onderste wimperlyn donker omlyn, lyk jou oë kleiner

Lee-Shay se wenkbroue het van nature ’n baie mooi vorm. Daarom is dit ook net effens ingevul, netjies gekam en met ’n wenkbrou-jel in plek geset.

Algria het ook ’n tikkie verligter aan die onderkant van haar wenkbroue se buitehoeke gesit. Wanneer die lig daarop val, laat dit jou hele ooggedeelte meer “gelig” lyk en jou oë wakkerder en helderder.

WenkAlgria meen jy kan buiten verligter enige room met ’n balsem-tekstuur (dink petroleumjellie of selfs lipsalf) baie liggies onder jou wenkbroue aantik vir ’n vars, geligte voorkoms

Volgens Algria is die sogenaamde “draped blush”-voorkoms nou gewild.

Om dit te skep het sy eers ’n koraalkleurige blosser op Lee-Shay se wange geskakeer en daarna ’n helderpienk blosser bo-oor.

“Die kombinasie van die twee skep ’n jeugdige blos, asof sy pas lekker geoefen het.”

Omdat haar oë die ster van haar voorkoms is, het Algria op haar natuurlike vol lippe net ’n ligte rooskleurige lipstiffie en deursigtige lipglans aangewend.

HARE

Met die stilering van Lee-Shay se lang, donkerbruin hare was eenvoud die sleutelwoord. Haar hare is reguit uitgeblaas en gestryk en afgerond met ’n haarsproei wat ekstra glans gee.

“Dit lyk jonk en modern en só kom haar oë en lippe ten volle tot hul reg,” sê Jeanette.

WenkOm opstaan-haartjies te tem, spuit ’n hittebeskermings-

of glanssproei op ’n fyn kam en trek die agterkant van die kam oor jou paadjie om die hare mooi glad en blink te laat lyk

PROBEER

1. Wet n Wild Color Icon 5 Pan Palette in Gold Whip (R140). By Clicks 2. Hair by Sam McKnight Modern Hairspray Multi-Task Heat Protection Styling Mist (R580). By Woolworths 3. Revlon Glimmer Blush Drops in Field of Roses (R270)
1. Wet n Wild Color Icon 5 Pan Palette in Gold Whip (R140). By Clicks 2. Hair by Sam McKnight Modern Hairspray Multi-Task Heat Protection Styling Mist (R580). By Woolworths 3. Revlon Glimmer Blush Drops in Field of Roses (R270) (Netwerk24)

Erkenning

  • Meubels Block & Chisel
  • Foto-agtergronde ArtLab

SPELETJIES VANDAG

CTA