16-18 jaar
Velkwessie om op te fokus
Hormoonskommelinge veroorsaak dat jou vel oormatig baie olie vervaardig en dikwels knoppies en aknee kry.
"'n Velsorgroetine wat olie beheer terwyl dit steeds jou vel vogtig hou, is nou nodig vir 'n gebalanseerde vel," sê Yolandé Swanepoel, akademiese hoof van die Isa Carstens Akademie.
Beste behandeling
Gaan gereeld vir 'n gesigbehandeling waar jou vel diep skoongemaak word en die nodige ekstraksies gedoen word om verstopte porieë te verbeter.
Moethê-produk
Wees op die uitkyk vir 'n serum geformuleer om olierigheid te beheer terwyl dit ook inflammasie kalmeer.
Probeer

19-28 jaar
Velkwessie om op te fokus
Ons is geneig om in hierdie fase ons velsorgroetine af te skeep omdat veroudering nog nie so sigbaar is nie.
'n Gereelde roetine wat fokus op die beskerming van die vel om veroudering te voorkom, is nou belangrik.
Kyk vir 'n produk wat antioksidante bevat om jou vel te beskerm teen omgewingsfaktore wat vroeë veroudering veroorsaak, soos sonblootstelling en besoedeling.
Beste behandeling
Omdat selvernuwing in die vel stadiger raak, is dit goed om sowat een keer 'n maand te gaan vir 'n goeie meganiese afskilfering, soos mikrodermabrasie. Dit help ook dat jou velsorgprodukte beter penetreer.
Moethê-produk
Snags wanneer jy slaap, vind herstel in die vel plaas. Dus is dit belangrik om nou 'n nagroom wat antioksidante bevat, soos vitamien C of druiwepit-ekstrak, by jou roetine in te sluit.
Probeer

29-38 jaar
Velkwessie om op te fokus
In jou dertigs begin die eerste tekens van veroudering al hoe meer sigbaar word, soos pigmentasie, fyn lyntjies en 'n vel wat vaal en moeg lyk weens selvernuwing wat verder afneem.
Prioritiseer gereelde afskilfering, asook sterker produkte met meer aktiewe bestanddele soos hialuroonsuur, vitamiene A, C en E en niasienamied.
Beste behandeling
Gereelde chemiese afskilferings met 'n verskeidenheid sure verwyder dooie velselletjies van die veloppervlak. Dit help om die voorkoms van fyn lyntjies, pigmentasie en 'n growwe veltekstuur te verbeter.
Moethê-produk
'n Ryker dagroom met onder meer hialuroonsuur en vitamien E word nou aanbeveel, asook 'n breëspektrum-sonskerm met 'n SBF van minstens 30, maar verkieslik 50, om teen UV-strale én blou skermlig te beskerm.
Probeer

39-48 jaar
Velkwessie om op te fokus
Jou vel verloor nou sy vermoë om water te behou. Selvernuwing neem steeds af, wat lei tot 'n valer gelaat en dieper lyne. Die vel op jou nek en bors begin elastisiteit verloor en tekens van sonskade word veral op dié dele meer sigbaar.
Beste behandeling
'n Mikronaaldbehandeling stimuleer herstel in die vel, asook die vervaardiging van kollageen en elastien. Só is dit baie effektief om lyntjies te versag en vergrote porieë en akneeletsels te verminder.
Moethê-produk
'n Goeie teenverouderingserum wat jy onder jou dag- en nagroom aanwend, is nou onontbeerlik.
"Wees op die uitkyk vir 'n serum met hialuroonsuur wat jou vel sal bevog, asook peptiede wat help om kollageen in die vel op te bou," sê Roné Wheatley, opleiding- en bemarkingsfasiliteerder van Isa Carstens Aesthetics.
Probeer

49+ jaar
Velkwessie om op te fokus
Tydens hierdie fase van jou lewe het die afname in estrogeen en gevolglik die menopouse 'n groot invloed op jou vel. Jou vel raak dunner, droër en begin elastisiteit en fermheid verloor.
Beste behandeling
'n Radiofrekwensie-behandeling werk baie goed om jou vel te verferm en resultate is sigbaar ná net een behandeling.
Dit stimuleer kollageen- en elastienvervaardiging, versag lyne en verbeter fermheid en jou veltekstuur vir 'n gesonde, stralender gelaat.
Moethê-produk
'n Kragtige velsorgmasker wat retinol ('n vorm van vitamien A) of bakuchiol ('n natuurlike, sagter alternatief vir retinol) bevat, takel die grootste tekens van veroudering. Gebruik dit twee keer 'n week en slaap sommer met die masker aan.
Probeer

* Produkpryse is voorgestelde pryse en kan verskil van winkel tot winkel
Ons filosofie is om op die lange duur 'n gebalanseerde vel te verseker, eerder as om kortstondige oplossings na te jaag.
Die Isa Carstens Aesthetics-produkreeks is beskikbaar by verskeie salonne landwyd, insluitend die Isa Carstens Wellness Sanctuaries in Pretoria en op Stellenbosch, asook aanlyn by isacarstensaesthetics.co.za.
Kontak hulle op die webwerf vir meer inligting oor verskaffers, persoonlike konsultasies en velsorgadvies.
- Die Isa Carstens Akademie is die hoofborg van SARIE Voorbladgesig 2025.

















