Aktueel

Beeld-Kinderfonds: Weet jy wie jy help?

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Het jy al ooit gewonder waarop die geld wat jy aan die Beeld-Kinderfonds skenk, bestee word?

Adrie van Staden, uitvoerende hoof van die Beeld-Kinderfonds, som dit só op: Jou bydrae sorg dat behoeftige kinders berading, arbeidsterapie en toegang tot kleuterskole kry en dat duisende kinders wat in moeilike omstandighede grootword broodnodige lewensvaardighede aanleer.

"Ons het jou ondersteuning nodig om kinders te bemagtig en ons doen dit deur hul vermoëns te ontwikkel. Die Beeld-Kinderfonds ondersteun onder meer gemeenskapskleuterskole, kinderhuise en gemeenskapsprojekte," sê Van Staden.

Volgens Van Staden lewer die organisasies wat gekeur word vir 'n toekenning uit die Beeld-Kinderfonds, volhoubare dienste en kan hul bewys lewer van goeie finansiële bestuur.

Besoek gerus die Beeld-Kinderfonds se webtuiste vir die lys van begunstigdes.

Jy kan ook vir jouself 'n goue geleentheid skep as jy voor 5 November 2025 'n bydrae tot die Beeld-Kinderfonds maak.

Met die RSG-Beeld-Kinderfondsprojek, wat tans aan die gang is en tot 5 November duur, kom ieder en elk wat R50 of meer skenk in aanmerking om 'n splinternuwe motor te wen.

Dit beteken as jy R50 skenk, het jy een inskrywing in die gelukkige trekking wat die wenner van 'n Suzuki Swift ter waarde van R224 900 gaan bepaal. R100 gee jou twee inskrywings, maar daar is 'n spesiale aanbod - as jy R200 skenk, kry jy een gratis inskrywing (dus vyf in plaas van vier).

Hoe meer kere en hoe meer geld jy skenk, hoe groter is die kans dat jy met 'n nuwe ryding kan spog.

Daar is ook 'n kontantprys van R15 000 op die spel vir diegene wat deur die verloop van die RSG-Beeld-Kinderfondsprojek 'n totaal van R1 600 of meer skenk.

Die wenners van die motor en die kontant sal telefonies gekontak word en op RSG aangekondig word. Daarna sal die wenners ook op die Beeld-Kinderfonds se Facebook-blad bekend gemaak word.

Navrae kan gerig word aan Van Staden by 061 479 4791 of info@beeldkinderfonds.co.za.

Jy kan op een van die volgende maniere deelneem:

• Doen 'n oorbetaling met PayShap. PayShap is 'n veilige en onmiddellike tussenbankbetalingsdiens om betalings te doen en te ontvang, wat op alle banke se apps beskikbaar is. Jy kies PayShap as betaalmetode en gebruik die Beeld-Kinderfonds se PayShap-ID 0614794791. Gebruik jou selfoonnommer as verwysing.

• Volg die skakel na die Beeld-Kinderfonds se betaalportaal vir kaartbetalings en onmiddellike oorbetalings. (HYPERLINK: https://app.beeldkinderfonds.co.za/shop/_/);

• Jy kan ook die Beeld-Kinderfonds se QR-kode met jou bank-app skandeer of SnapScan gebruik om 'n betaling te doen.

• Elektroniese betalings kan direk in die Beeld-Kinderfonds se Absa-tjekrekening (rekeningnommer: 2840157329 en met jou selfoonnommer as verwysing) gedoen word.

• SMS die woord "KINDERS" na 41511 (teen R30 per SMS). Omdat die inskrywingsfooi R50 per inskrywing is, moet jy minstens twee SMS'e stuur om deel te neem aan die projek. Die spesiale aanbieding en kontantprys geld egter nie SMS-inskrywings nie.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM