Die stemmery op die ANC se 54ste nasionale konferensie by Nasrec in Johannesburg vir die party se ses topleiers was veronderstel om 22:00 Sondag te begin.
Die 4 776 afgevaardigdes sou kort ná aandete begin stem, maar die stemmery het eers om halfeen die oggend begin.
Inligtingsessies oor die ANC se organisatoriese en finansiële verslag sal Maandag gehou word.
"Ons sal gelei word deur die vergadering oor die uitslae van die topamptenare en ons sal die boodskap dienooreenkomstig oordra," sê die ANC in ‘n verklaring.














