Jong bultrugwalvis van kant gemaak ná stranding by Robberg

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Lede van die Nasionale Seereddingsinstituut, CapeNature, die organisasie Plett Stranding Network en omstanders probeer om ’n jong bultrugwalvis wat in die Robberg-natuurreservaat by Plettenbergbaai gestrand was, dieper die see in te kry. Foto: Verska

'n Gestrande jong bultrugwalvis is Dinsdag in die Robberg-natuurreservaat by Plettenbergbaai van kant gemaak nadat pogings om hom te red onsuksesvol was.

Volgens Jaco Kruger, stasiebevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in Plettenbergbaai, is spanne van die NSRI, CapeNature en die organisasie Plett Stranding Network Maandagmiddag ontplooi ná berigte van 'n walvis wat by Robberg se The Wild Side gestrand is.

Die groep het die bultrugwalvis van sowat 7 m aangetref waar hy in die vlak branders gestrand was.

Die spanne, bygestaan deur omstanders, het talle onsuksesvolle pogings aangewend om die walvis deur die branders na dieper water te verskuif, onder meer deur hom met NSRI-reddingsvaartuie te probeer sleep.

Ondanks al hierdie pogings was die walvis steeds gestrand en is die besluit geneem dat dit nie meer moontlik is om die walvis te red nie, sê Kruger in 'n verklaring.

Dinsdagoggend het mariene owerhede en die polisie die walvis van kant gemaak. Monsters van die walvis is deur mariene wetenskaplikes versamel vir ondersoek.

Lede van die Nasionale Seereddingsinstituut, CapeNature, die organisasie Plett Stranding Network en omstanders probeer om 'n jong bultrugwalvis wat in die Robberg-natuurreservaat by Plettenbergbaai gestrand was, dieper die see in te kry. Foto: Verskaf/NSRI

SPELETJIES VANDAG

CTA