Wes-Kaap gerat vir Bela-wet

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Derduisende belanghebbendes het al bemiddelings- en opleidingsessies van die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD) bygewoon om alle skole in die provinsie gerat te kry vir die implementering van die omstrede Wysigingswet op Wette op Basiese Onderwys (Bela).

Alan Meyer, adjunkdirekteur-generaal vir institusionele ontwikkeling en -koördinering van die WKOD, het dit Donderdag vir die parlement se portefeuljekomitee oor basiese onderwys gesê.

Hy het saam met David Maynier, Wes-Kaapse LUR vir onderwys, en Brent Walters, WKOD-hoof, verslag aan die komitee gedoen oor onder meer die provinsie se gereedheid om veral die omstrede klousules oor taal- en toelatingsbeleid, sowel as verpligte gr. R, in die Bela-wet in werking te stel.

Joy Maimela, komiteevoorsitter, sê die WKOD is versoek om Donderdag weer voor die komitee te verskyn omdat dit ná die vorige verskyning steeds ontevrede was oor die WKOD se gereedheid vir en voorlegging van die implementering van die Bela-wet.

Pres. Cyril Ramaphosa in September 2024 by 'n geleentheid waar hy die Wysigingswetsontwerp op die Wette op Basiese Onderwys (Bela) onderteken het. Foto: Gallo Images
Pres. Cyril Ramaphosa in September 2024 by 'n geleentheid waar hy die Wysigingswetsontwerp op die Wette op Basiese Onderwys (Bela) onderteken het. Foto: Gallo Images

Die Wes-Kaap het die Bela-wet uit die staanspoor teengestaan.

Volgens Meyer het meer as 5 200 belanghebbendes tot dusver die bemiddelingsessies oor alle aspekte van die wet by skole oor die provinsie heen bygewoon. Die belanghebbendes het distriksamptenare, skoolhoofde, skoolbestuurspanne en verteenwoordigers van skoolbeheerliggame ingesluit.

"Ons het nog 'n paar aanlyn of virtuele sessies ingesluit wat tot 31 Julie sal plaasvind," sê Meyer.

* Volg Netwerk24 vir meer hieroor.

- llewellyn.prince@media24.com

SPELETJIES VANDAG

CTA