Verkiesing 2021

ANC behandel swart mense soos diere – Malema

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Julius MalemaFoto: Daily Sun
Julius MalemaFoto: Daily Sun

Die ANC behandel swart Suid-Afrikaners sedert 1994 "soos diere".

So het Julius Malema, EFF-leier, Dinsdag aan inwoners van die Gamorona-nedersetting in die Joe Morolong-munisipaliteit (Kuruman) gesê toe hy sy party se verkiesingsveldtog vir die komende plaaslike verkiesings hier bekend gestel het.

Dié nedersetting is een van 190 in die munisipaliteit wat deel uitmaak van die John Taolo Gaetsewe-distriksmunisipaliteit in die provinsie.

Malema het in sy toespraak aan meestal EFF-ondersteuners gesê dat "ons as swart mense anders as diere behandel moet word".

Daar is geen gelykheid in hierdie land nie. Al sê die Grondwet so, is dit nie die papier werd waarop dit geskryf is nie. Dit is omdat ongelykheid 'n geleefde ervaring is.

Volgens hom is talle swart mense se huidige situasie "erger as wat dit onder apartheid was" en dat dít nie 'n oordrywing is nie.

"Die wit mense het ons mense destyds ook nie toilette gegee nie. Die ANC gee ons mense nou ook huise sonder toilette.

"Dit is waarom dit seerder maak as die ANC dit doen, omdat hulle die pyn van hierdie soort toilette, huise, paaie en landelike nedersettings sonder elektrisiteit ken."

Hy het gesê dat baie arm swart mense oor die land heen saans nie rustig kan slaap nie omdat daar nie straatligte is of elektrisiteit in hul huise nie.

"Alles wat die wit mense nie wil hê nie, wil ons ook nie hê nie."

Volgens Malema is swart mense gelyk aan wit mense.

Die wit mense het ons mense destyds ook nie toilette gegee nie. Die ANC gee ons mense nou ook huise sonder toilette.

"Hulle (die regering) sal nooit 'n buite-toilet vir 'n wit man bou nie. Hou op om ons van apartheid te vertel. Ek praat van wat nou gebeur.

"Daar is geen gelykheid in hierdie land nie. Al sê die Grondwet so, is dit nie die papier werd waarop dit geskryf is nie. Dit is omdat ongelykheid 'n geleefde ervaring is."

Hy het ook die EFF se verkiesingsbelofte herhaal dat rykes in munisipaliteite waar die EFF ná 1 November aan bewind sal kom, die arm inwoners sal subsidieer.

Volgens hom sal hy ook "as 'n gelukkig mens sterf" as die armes in Suid-Afrika nie meer belas word nie.

Hy het aan die inwoners van die Gamorona-nedersetting gesê die mag is nou in hul hande, en hulle moet op 1 November gaan stem.

"Dit is moontlik om ons waardigheid as swart mense terug te kry."

Luidens die Joe Morolong-munisipaliteit se webtuiste ervaar dié munisipaliteit "verreikende en in sommige gevalle selfs desperate diensleweringsprobleme".

Malema het in sy toespraak bygevoeg dat die EFF die ANC deur praktiese programme wil wys wat in landelike gebiede soos dié gemeenskap gedoen kan word om die moreel van die mense daar te verhoog.

"Laat ons nie mense vergeet omdat hulle in landelike gebiede woon nie," het Malema bygevoeg.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM