Begroting

OORSIG | Minister van finansies lewer begrotingsrede

Drie weke nadat die nasionale begroting deur 'n twis oor BTW gekelder is, het Enoch Godongwana, minister van finansies, sy begrotingsrede Woensdagmiddag gelewer.

2025-03-12 16:45:31

Songezo Zibi, leier van Rise Mzansi, sê dis onverantwoordelik vir mense wat net na ’n toespraak geluister het om ’n finale besluit te neem. Sy party sal nou eers die dokument bestudeer.2025-03-12 16:44:39

Willie Aucamp, DA-woordvoerder, sê hy kan nie sien hoe die ANC met net 39% steun in die parlement die begroting gaan deurkry nie.2025-03-12 16:32:05

Velenkosini Hlabisa, IVP-leier, sê sy party ondersteun die begroting. “Onder die omstandighede is hierdie begroting die regte pad om te neem.”2025-03-12 16:30:55

Mmusi Maimane, Bosa-leier en voorsitter van die staande komitee oor toedelings wat beslis oor staatsbesteding en wysigings aan wetgewing, sê sy party sal nie die begroting ondersteun nie en dat harde werk nou voorlê.2025-03-12 16:29:36

Dr. John Hlophe, onderleier van die MK-party, sê hulle ondersteun nie die begroting nie omdat dit die armstes die ergste gaan raak. Nes die EFF vra die party ook dat rykes eerder meer belas word.2025-03-12 16:05:50

8 verskille tussen ‘ou’ en ‘nuwe’ begroting

Ja vir hoër belasting op toegevoegde waarde. Hier is hoe die begroting van 12 Maart verskil van die een wat op 19 Februarie onttrek is.

Lees volledige berig hier.2025-03-12 16:03:20

Nuwe begroting verplaas net belastingbetalers se pyn

In ’n fyn reeks kompromis-skuiwe het die tesourie Woensdag die BTW-koers met ’n halwe persentasiepunt tot 15,5% verhoog.

Dit sal op 1 Mei in werking tree. Maar dan kom daar volgende jaar nog ’n verhoging van 0,5 persentasiepunt om BTW op 1 April 2026 op 16% te staan te bring.

Dit volg op Februarie se begroting waarin Enoch Godongwana, minister van finansies, die BTW-koers met 2 persentasiepunte tot 17% wou verhoog. Die heftige politieke protes daarteen het die regering genoop om die begrotingsrede met drie weke uit te stel.

Lees volledige berig hier.2025-03-12 16:00:28

Gwede Mantashe, minister van minerale en petroleumbronne, sê die DA het probeer om die gesprek oor die begroting te polariseer.2025-03-12 15:47:24

'Rykes moet belas word' – EFF

Die EFF-leier, Julius Malema, sê die EFF sal geen vorm van belastingverhoging steun nie, maar sê wel dat rykes belas moet word.

2025-03-12 15:09:02

En dis vir eers dit

Godongwana is klaar met sy toespraak, en daar is heelwat geruis in die parlement.

Lede van die EFF verlaat die saal.

Thoko Didiza, speaker, sê parlementslede sal nou die begroting in komiteesittings bespreek.

Die parlement word verdaag.

2025-03-12 15:05:33

Wat nou?

Godongwanabeklemtoon nou dat die begroting nog deur die parlement goedgekeur moet word.

Dis ’nbelangrike punt, want die DA het reeds aangedui hy gaan geen belastingverhogingsgoedkeur nie.

Godongwana verwys na “klein meningsverskille”.

Die pad vorentoe is steeds nie duidelik nie. Die begrotingword in werking gestel, maar moet nog goedgekeur word – met 45% van die vorigejaar se besteding wat in die tussentyd mag plaasvind.

Hy sê die begroting is bedoel om Suid-Afrika na ’n meerwelvarende toekoms te lei.

2025-03-12 14:59:32

Begrotings hersien

Godongwana praat nou oor die hersiening van alledepartemente en staatsentiteite se begrotings om verdubbeling van werk inverskillende departemente uit te skakel.

“Ons is nie doof vir die publiek se kommer oor vermorsendeen ondoeltreffende besteding nie. Ons weet ons moet elke belastingbetaler se vertroue wen deur openbare geld sorgsaam te bestee en te verseker dat elkerand wat ingevorder word aan die bedoelde doelwit bestee word.”

Dit sluit in dat “spookwerkers”uitgeskakel gaan word.

2025-03-12 14:55:55

R5 mjd. vir‘vredesending’ in DRK

Godongwanawys net R5 miljard toe vir die “vredesending” in die Demokratiese Republiek dieKongo.Hy sê ookdie weermag moet gemoderniseer word.

DRK-soldate kry nog R5 mjd.2025-03-12 14:51:00

Behou onderwysers

R11 miljard word oor die volgende twee jaar begroot vir die vroeëaftrede van staatsamptenare.Die doelwit is om jonger mense na die staatsdiens te lok.

Besparings van gemiddeld R7,1 miljard word só voorsien.Die bedoeling is dat belangrike staatsamptenare soosonderwysers en verpleegkundiges wel vervang kan word.

“Ons leerling-onderwyser-koerse bly hoër as wat ons sou wouhê, wat beteken ons het nog onderwysers in klaskamers nodig.”

R19,1 miljard word oor die volgende drie jaar bykomend aanonderwys toegeken, waardeur 11 000 onderwysers behou sal kan word.

Foto: Jaco Marais

Ekstra R19 mjd. vir onderwysers2025-03-12 14:40:36

Betaal jou belasting!

Godongwana pleit by belastingbetalers om op te dok.

En as dit nie genoeg is nie, wees gewaarsku: Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens kry vanjaar nog R3,5 miljard om belastingvoldoening te verseker en nóg R4 miljard in die volgende boekjaar.

Nuwe begroting verplaas net belastingbetalers se pyn2025-03-12 14:38:56

Mees effektiewe belasting

Godongwana beklemtoon geen minister van finansies is bly om belastingte verhoog nie, maar dit kan nie meer uitgestel word nie. Alternatiewe tot BTW is weloorweeg, insluitend die verhoging van persoonlike inkomstebelasting enmaatskappybelasting.

Dit sal egter tot belastingontduiking lei en investering ontmoedig.

“Ons hoogste persoonlike inkomstebelastingkoers en ons belastinginvorderingas persentasie van die BBP is hoër as dié van die meeste ontwikkelende lande.Dis daarom nie haalbaar om dit te verhoog nie.”

Hy beklemtoon geen minister van finansies is bly om belasting te verhoog nie, maar dit kan nie meer uitgestel word nie. Alternatiewe is wel oorweeg, insluitend die verhoging van persoonlike inkomstebelasting en maatskappybelasting.2025-03-12 14:34:06

Pyn vir belastingbetalers

Godongwana kom nou by die manier hoe die begroting Suid-Afrikaners raak. Dit sluit in dat BTW met ’n halwe persentasiepunt verhoog word, van 15% tot 15,5%, met die voorstel dat dit dan in 2026 tot 16% verhoog word.

Dit moet genoem word dat die DA, ’n lid van die regering van nasionale eenheid, volhou hy sal geen belastingverhogings steun nie.

Die begroting moet nog deur die parlement goedgekeur word, en die ANC het nie die meerderheid wat nodig is om dit te doen nie.

Daar is ’n geruis in die parlement toe die BTW-verhoging aangekondig word.

Godongwana sê indien dinge verbeter, sal die 2026-BTW-verhoging dalk nie nodig wees nie.

BTW-verhoging enigste manier om begroting te laat klop, sê tesourie2025-03-12 14:30:02

Trippel-P’s vereenvoudig

Godongwana verwys na konsepregulasies wat reeds gepubliseer is oor die vereenvoudiging van private-openbare vennootskappe, wat hy trippel-P’s noem na aanleiding van die Engelse woorde.

Dis belangrik om te noem dat baie van die projekte wat genoem word, reeds in werking gestel word en nie nuwe aankondigings is nie.

Die regulasies sal na verwagting teen 1 Junie van krag word.

2025-03-12 14:27:23

’n Trein elke 10 minute

Godongwana wyk nou van sy toespraak af en verwys na ’n verslag dat Suid-Afrikaanse blouboordjiewerkers rand vir rand minder verdien as iemand in Suid-Korea, uitsluitlik omdat vervoerkoste so hoog is.

Die verbetering van passasierspoorvervoer is ’n belangrike aspek wat in die begroting aangepak word.

Hy sê mense in arm woonbuurte behoort elke 10 minute ’n trein werk toe te kan neem.

2025-03-12 14:24:42

Geen belastingverligting

Geen aanpassing word vanjaar gemaak aan belastingkerwe of belastingdrempels nie. Dis anders as wat op 19 Februarie voorsien is.

Aanslag op belastingbetalers fel ná U-draai met inkomstetabelle2025-03-12 14:23:36

Alles nie herskryf nie

Groot dele van Godongwana se toespraak is dieselfde as die een wat vir 19 Februarie uitgereik is.

Dit sluit in verwysings na hoe watergehalte verbeter gaan word, versnelde hervorming van spoorvervoer, en die hervorming van die visumstelsel.

Oor die volgende drie jaar word meer as R1 000 miljard aan infrastruktuur bestee.

8 verskille tussen ‘ou’ en ‘nuwe’ begroting2025-03-12 14:21:07

Verstandige fiskale beleid

Godongwana hou vol dat die begroting fiskaal versigtig en verantwoordelik is.

Foto: Jaco Marais

2025-03-12 14:18:21

Staatskuld draai hoër

Die tesourie stel voor dat BTW met ’n halwe persentasiepunt verhoog word.

Die laer belastinginkomste gaan die verhouding van skuld tot die bruto binnelandse produk by 76,2% laat draai, hoër as wat voorheen beplan is.

8 verskille tussen ‘ou’ en ‘nuwe’ begroting2025-03-12 14:15:07Lees meer oor die begroting en hoe dit jou sak raak hier.9 maniere hoe die begroting jou sak raak2025-03-12 14:14:17

Volwasse debatte

Die uitstelvan die begroting van 19 Februarie is “betreurenswaardig, maar dalk ’nverstaanbare eienskap van veelpartyregering”: “Dis ’n teken van ’n demokrasiewat volwasse word en veerkragtig is.”

Hy sê diswonderlik dat ’n ongeëwenaarde debat ontstaan het oor die moeilike besluite watdie regering moet neem.

2025-03-12 14:13:26

Godongwana sê jammer

Godongwana vra inderdaad om verskoning vir 19 Februarie se drama.

Hy sê hy het op sosiale media iemand gesien wat sê die begroting word uitgestel tot die persoon se gunstelingspan, Kaizer Chiefs, wen. Iemand in die kabinet het gesê dan sal die kabinet dalk nooit ingedien word nie.

LP’s lag.

2025-03-12 14:09:57

Vra om verskoning!

MK-party sê Enoch Godongwana, minister van finansies, moet vir die parlement en Suid-Afrikaners om verskoning vra dat die begroting nie op 19 Februarie ingedien is nie, en moet ook die redes daarvoor verskaf.

Nou kla die EFF dat die speaker laat was en om verskoning moet vra en verduidelik hoekom sy laat was.

Die speaker, Thoko Didiza, vra nie om verskoning nie. Sy stel Godongwana aan die woord.

2025-03-12 14:05:35

Laat, maar darem

Die indiening van die begroting in die parlement is later as die beplande 14:00, maar verrigtinge begin darem nou, anders as op 19 Februarie. Dis ’n verligting, maar dit beteken nie daar kom nie nog ’n twis oor die begroting nie.

2025-03-12 13:58:27

2025-03-12 13:22:39

MKP vra vir ‘begroting vir die mense’

Die MKP het Woensdag aangedring op ’n sogenaamde “begroting vir die mense”, anders sal hy aanhou veg.

Die party sê in ’n verklaring hy wil niks weet van ’n begroting wat nie die belange van die mense van die land dien nie.

Die regering, wat volgens hom die DA insluit, mors net die land se geld.

2025-03-12 13:21:40

DA sê weer hy stem nié vir belastingverhoging

Die DA sal nie vir die begroting stem as dit enige vorm van belastingverhoging insluit nie, sê dr. Mark Burke, die DA se woordvoerder oor finansies.

Die DA is gekant teen enige verhoging van belasting, het hy in 'n onderhoud met Mia Spies gesê.

Dit sluit BTW, persoonlike belasting of korporatiewe belasting in.

2025-03-12 13:02:03

ANC vol vertroue

Die ANC se koukus in die parlement is vol vertroue dat Enoch Godongwana, minister van finansies, sy begrotingsrede Woensdag sal lewer.

Dit volg ná aanduidings dat die DA steeds weier om die begroting te ondersteun as dit voorsiening maak vir ’n BTW-verhoging.

Die kabinet het vroeër Woensdag vergader en die begroting sou na verwagting boaan die sakelys gewees het.

Mdumiseni Ntuli, die ANC se hoofsweep in die parlement, sê in ’n verklaring daar is verskeie konstruktiewe vergaderings gehou met opposisiepartye in die regering van nasionale eenheid.

Die ANC verwag dat Godongwana verskeie maatreëls sal aankondig om die ekonomie te stabiliseer, groei en ontwikkeling aan te moedig, ongelykheid te bekamp en die hoë lewenskoste te verlaag.

Die ANC is ook seker daarvan dat Godongwana bronne sal toewys waarmee armoede verlig en die armste en mees kwesbare lede van die gemeenskap bygestaan sal word. – Gert van der Westhuizen

2025-03-12 13:00:57Enoch Godongwana, minister van finansies, hoop sy tweede poging om vanjaar se begrotingsrede te lewer, gaan slaag. Foto: Jaco Marais

2025-03-12 12:25:54

DA teen Woensdagoggend glo steeds nié aan boord

Die DA is na verneem word steeds teen Woensdagoggend van voorneme om teen die begroting te stem as dit enige verhoging van BTW insluit.

Pres. Cyril Ramaphosa kan die bondgenoot in die regering van nasionale eenheid (RNE) nog in vanoggend se kabinetsvergadering probeer oorreed, maar in hierdie stadium lyk die kans skraal.

Hy sou ook gisteraand met die leiers van die politieke partye in die RNE gepraat het om eenstemmigheid oor die begroting te probeer bewerkstellig.

Die DA sê na verneem word hy kan nie toegee oor ’n BTW-verhoging nie omdat hy as lid van die RNE reeds oor vele ander kwessies toegegee het.

Ramaphosa het Dinsdagaand met leiers van partye in die regering van nasionale eenheid gesels.

Lees hier oor die tergende vrae oor wat vandag en daarna kan gebeur.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM