Dié eiendom is ruim en netjies

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die eiendom spog met ’n groot, pragtige tuin.
Die eiendom spog met ’n groot, pragtige tuin.

Hierdie ruim, netjiese en gesellige woning is binne loopafstand van die Laerskool Pretoria-Oos, die Pretoria Boys High School en Tuks.

Die eiendom spog met 'n pragtige tuin in 'n perfekte en baie stil ligging in die geslote deel van Williamstraat, Brooklyn, met uitstekende veiligheid.

Die eiendom spog met 'n groot, pragtige tuin.
Die eiendom spog met 'n groot, pragtige tuin.

Die eiendom, wat grotendeels noord kyk, het ekstra ruim en sonnige leefareas wat heerlik knus is in die wintermaande. Groot glasskuifdeure vanuit die leefareas bied 'n pragtige uitsig op die tuin.

Die formele sitkamer vloei na die buite-onderdak-braai-area met ingeboude braaigeriewe.

Die oopplan-gesinsvertrek met 'n kuierkombuis met 'n eiland met 'n ontbythoekie het 'n granietoppervlak en is toegerus met sowel gas- as elektriese toebehore. Daar is ook 'n spens en aparte wasgoedkamer met oorgenoeg plek vir al die nodige toebehore.

Vanuit die gesinskamer is eweneens groot skuifdeure na die boomryke tuin en swembad met oorgenoeg speelplek vir kinders op die grasperk. Die huis sal beslis volpunte by mense kry wat graag onthaal, asook die kieskeurige perfeksionistiese koper.

Boonop gaan die instandhouding van die huis en tuin voornemende huiseienaars nie 'n fortuin kos nie.

Die leefarea en oopplan-kombuis.
Die leefarea en oopplan-kombuis.

Daar is vyf slaapkamers waarvan drie en suite-badkamers het en die ander twee slaapkamers deel 'n vol badkamer. Al die kamers het ingeboude kaste en die vyfde slaap­kamer wat toegerus is met 'n ingeboude biblioteek, rakke en kaste, kan ook gebruik word as 'n studeerkamer wat oor sy eie buitedeur beskik.

'n Groot bonus is die drie ekstra private tuinwoonstelle met eie private toegang, wat ideaal is om te verhuur.

Boonop is daar 'n motorhuis vir tot nege voertuie.

Daar is 'n sonkrag-omskakelaar- en batterystelsel wat tot agt uur se bystand lewer, 'n kragopwekker van 6,5 KvA, reënwatertenks en twee sonkrag-geisers. Die eiendom beskik oor 'n besproeiingstelsel vir die tuin.

Die algemene veiligheid in die buurt is uitstekend, die eiendom is ten volle ommuur en met 'n goeie alarmstelsel toegerus.

Daar is direkte toegang vanuit die motorhuise na die hoofwoning wat bydra tot die gevoel van veiligheid en die knus gevoel van hierdie besondere eiendom.

Hier kan 'n mens gerus en in veilige omstandighede jou skoene uitskop ná 'n lang dag.

As jy 'n unieke eiendom met 'n ideaal­ geleë, sentrale adres naby al Pretoria se gewilde winkelsentrums, hospitale, skole en universiteite wil bekom, maak gerus 'n afspraak om hierdie juweel te besigtig.

• Die woning is môre tussen 11:00 en 14:00 op skou met aanwysers uit Jan Shoba-, Roper- en Maraisstraat.

Kortliks

Adres: Williamstraat, Brooklyn

Prys: R4 495 000

Gebouegrootte: Ongeveer 400 m²

Slaapkamers: 5

Badkamers: 3

Motorhuise: 9

Agent: Alleenagent. Heiberg Estates. Kontak Bambie Heiberg by info@heibergestates.com of bel haar by 083 654 3773.

SPELETJIES VANDAG

CTA