Het jy geweet? Vroue oorheers township-eiendomsmark

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Vroue in hul 30's oorheers Suid-Afrika se township-eiendomsmark en is die groot dryfvere van die tradisionele township-mark.

Luidens BetterBond se data vir Januarie tot Mei 2024 is 55% van alle huiskopers in tradisionele townships soos Protea Glen in Soweto, Soshanguve noord van Pretoria, en Mitchells Plain in Kaapstad, vroue.

Net meer as die helfte van hierdie vroue is tussen die ouderdom van 30 en 39 en die meeste transaksies wat aange­teken word, beloop meer as R1 miljoen.

Suid-Afrika se township-ekonomie is na raming jaarliks ongeveer R100 miljard werd en dien as middelpunte van entrepreneursaktiwiteite en innovasie. - BetterBond

SPELETJIES VANDAG

CTA