Outydse sjarme in Monumentpark

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Geleë in die rustige area van Monumentpark is dié pragtige vierslaapkamerhuis.

Die ruim slaapkamers bied spasie en gesoekte warmte weens houtplafonne, wat 'n lekker atmosfeer skep.

Die kombuis is gerieflik ingerig in die middel van die huis met 'n gasstoof en granietwerkoppervlaktes. Daar is ook 'n aparte opwaskamer. Die kombuis loop uit op die eetkamer, wat 'n pragtige uitsig bied op die tuin. Die ingeboude braai en lapa sal sorg vir heerlike kuiers.

Die pragtige woning in Monumentpark.
Die pragtige woning in Monumentpark.

Wat sal 'n huis wees sonder 'n kaggel? Wel, soos samesyn dit vereis, sal die kaggel sorg vir ure se samesyn. Op die onderste vlak is daar drie slaapkamers met ingeboude kaste, 'n aparte badkamer en 'n studeerkamer.

Die huis is toegerus met 'n wynkelder, waarvan die temperatuur gereguleer word. Daar is ook 'n buitekamer met sy eie badkamer. Hierdie huis bied 'n outydse, sjiek sjarme, met 'n eertydse gevoel wat jou sal bekoor. Die outomatiese motorhuis het plek vir een voertuig, asook onderdakparkering vir twee addi­sionele voertuie.

Die lieflike eiendom bied 'n besonderse geleentheid vir 'n gesin om te kom anker gooi en hul eie stukkie van 'n paradys te bekom.

Kortliks:

Area: Monumentpark, Pretoria

Prys: R2 150 000

Erfgrootte: Ongeveer 1 118 m²

Slaapkamers: 4

Badkamers: 2

Motorhuis: 1

Onderdakparkering:2

Agent: Rawson.

Kontak Ruth Pila by ruth.pila@rawson.co.za of 082 572 4497.

  • Vir meer inligting, besoekproperty24.com en gebruik die verwysingsnommer 1250487.

SPELETJIES VANDAG

CTA