Home & Hectare veil einde April 'n plaas in die Nieuwoudtville-distrik op.
Die 215 ha-plaas, beter bekend as Tabaktuin, is geleë op die bekende Bokkeveld-platorand. Dit is hoofsaaklik 'n winterreënvalgebied.

Hierdie is 'n juweel van 'n leefstylplaas in die pragtige blommeparadys wat ook as die bolplant-hoofstad van die wêreld bekendstaan.
Die eiendom bestaan uit drie dele met vier titelaktes.

Dit het 152 ha gevestigde rooibosteelande en 5 ha bloekombos. Daar is goeie infrastruktuur met 'n teedroogbaan, skuur en twee werkershuise. Die plaas het ook twee boorgate.

Hier is goeie inkomstepotensiaal in 'n veilige en rustige omgewing in die Nieuwoudtville-distrik.
Besigtiging: Slegs per afspraak
Veiling: Donderdag 25 April om 11:00
Plek: Op die perseel by Tabaktuin
Navrae:
- Appie Maritz by 082 825 3895 of appie.maritz@homeandhectare.com
- Albie Loubser by 082 573 9902 of albie.loubser@homeandhectare.com
- Besoek homeandhectare.com vir meer foto's en nog inligting.

















