Prima kommersiële belegging wink

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
’n Uitsig op die kommersiele eiendom in Otteryweg wat binnekort onder die hamer kom. Foto: Rawson
’n Uitsig op die kommersiele eiendom in Otteryweg wat binnekort onder die hamer kom. Foto: Rawson

Hierdie kommersiële eiendom geleë in die besige Otteryweg bied 'n geleentheid vir beleggers op soek na 'n winsgewende waagstuk in 'n gesogte sake-spilpunt.

Met prima sigbaarheid en 'n strategiese posisie in 'n vinnig ontwikkelende area bied hierdie eiendom 'n ideale ligging vir kantore, konsultasiekamers of mediese suites. En met die komende MyCiti-ontwikkeling wat verbeterde toeganklikheid beloof, is die potensiaal vir groei en winsgewendheid onmiskenbaar.

Die eiendom van 938 m² huisves twee huurders, Springfield Gear Boxes en Demark Fence and Gate Masters.

Terwyl Springfield Gear Boxes die perseel beset as die eienaar, hou Demark Fence and Gate Masters 'n maand-tot-maand-huurkontrak wat bydra tot die eiendom se bestendige inkomste.

Indien die koper besluit om die ruimte te verhuur wat deur Springfield Gear Boxes beset word, is daar 'n potensiële inkomste van R50 000 per maand wanneer dit ten volle verhuur word.

Die eiendom bied ook 'n oortuigende saak finansieel, met 'n totale inkomste van R240 000 per jaar, en 'n netto wins van R219 000 per jaar bied 'n kapitalisasiekoers van 4,3%. Maar met bereikbare huurinkomste geraam op R50 000 per maand of R600 000 per jaar is die potensiaal vir verhoogde winsgewendheid groot. Ingevolge hierdie projeksies staan die bereikbare netto wins op 'n indrukwekkende R579 120 per jaar met 'n ooreenstemmende kapitalisasiekoers van 11,58%.

Met betrekking tot uitgawes is daar 'n maandelikse koers en belastinguitgawe van R1 740 met 'n totaal van R20 880 per jaar. Aangesien krag vooraf betaal word en daar geen ekstra koste is vir sekuriteit en assuransie nie, kan voornemende beleggers die eiendom se finansiële stand duidelik en eenvoudig assesseer.

Volgens Tanya Jovanovski van Rawson Auctions Wes-Kaap bied hierdie prima ligging, gevestigde huurders en potensiaal vir verhoogde huurinkomste 'n kans om 'n winsgewende bate in 'n dinamiese, vinnig groeiende omgewing te bekom.

• Die eiendom sal op 24 April om 12:00 opgeveil word met 'n reserweprys van R5 miljoen en 'n verwagte openingsbod van R4,5 miljoen. Alle botte sal egter oorweeg word, so moet nie aarsel nie.

Kontak Karen Petersen by 083 495 0987 om besigtiging te reël of vir verdere inligting.

Alternatiewelik kontak Jovanovski by 079 980 3457.

Bieërs kan aanlyn bie op onlinepropertyauctions.co.za of per telefoonbotte. Alle bieërs­ moet hul Fica-dokumente beskikbaar stel.

SPELETJIES VANDAG

CTA