Hierdie tweeverdieping huis in die Villa Olympus-landgoed in Bronberg is stylvol met gemaklike leefruimtes.
Die ingangsportaal trek jou aandag met die intrapslag. Die gastetoilet is privaat by die ingang en jy sal ook'n ruim studeerkamer vind wat verwyder is van die leefareas. Die oopplan-leefareas bied 'n eetkamer, formele sitkamer met gaskaggel en aparte TV-kamer.
Die ruim kombuis met genoeg kaste bied 'n opwasgedeelte en daar is ook 'n ruim spens.

Die boonste verdieping bied vier slaapkamers. Die hoofslaapkamer met sy private badkamer bied 'n pragtige uitsig vanaf sy private balkon, en dit is die perfekte plek om elke middag die sonsondergang waar te neem.
Twee van die ander slaapkamers deel 'n balkon met 'n uitsig oor die landgoed. Die vierde slaapkamer het sy eie badkamer met 'n stort. Die ander twee kamers deel 'n badkamer wat met 'n bad toegerus is.
Die onderdakstoep met ingeboude braai vloei in 'n tuin wat inpas by die omgewing. Die eiendom het 'n dubbelmotorhuis en die landgoed bied uitstekende sekuriteit en toegangsbeheer.
Die landgoed is naby geleë aan die Olympus Village-winkelsentrum, private en publieke skole en medies fasiliteite.
Kortliks:
Area: Faerie Glen, Pretoria
Prys: R4 000 000
Erfgrootte: 397 m²
Huisgrootte: 321 m²
Slaapkamers: 4
Badkamers: 3,5
Motorhuis: 2
Agent: Rawson
Kontak Bertie Lombard by bertie.lombard@rawson.co.za of 083 501 5511 of Mynhardt Maree by mynhardt.maree@rawson.co.za of 071 643 7748.
- Vir meer inligting, besoek property24.com en gebruik die verwysingsnommer 1267046.


















