Adj.pres. Mashatile verseker beleggers in Brittanje dat die regering van nasionale eenheid (RNE) daaraan werk om 'n bevorderlike omgewing te skep waarin ondernemings kan floreer.
Intussen word die verskille tussen die partye in die RNE ál groter en is daar kommer of al die leiers van die ANC aan boord van die trajek daarvan is.
Die RNE moet eers sy volhoubaarheid bewys voordat beloftes aan beleggers en die buiteland gemaak word.


















