Eiendomme

Vier baie groot Barnlab-veilings aangekondig

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Park Village Auctions (PVA) het pas 'n massiewe veiling aangekondig wat op verskeie dae en persele aangebied sal word en waar aanlegte, masjinerie, toerusting, fabrieksware, kantoormeubels en eiendomme van Barnlab (Edms.) Bpk. opgeveil sal word.

"Ons mikpunt met likwidasie-verwante veilings is om billike pryse vir ons kliënte te realiseer om hulle in staat te stel om soveel likiditeit as moontlik te herwin ten einde werknemers en krediteure te kan betaal," sê Clive Lazarus van PVA. "Alles moet verkoop word," sê hy.

Barnlab (Edms.) Bpk. se bates word binne die volgende twee weke op verskeie veilings verkoop.Foto: PVA
Barnlab (Edms.) Bpk. se bates word binne die volgende twee weke op verskeie veilings verkoop.Foto: PVA

Ten einde die beste resultate te verkry, het PVA 'n reeks veilings op die perseel en ook tydgebonde aanlyn veilings beplan.

Aanlegte, masjinerie en toerusting sal verkoop word, onderhewig aan bevestiging, per 'n tydgebonde aanlyn veiling wat voortduur tot Dinsdag 28 September.

Hoogtepunte sluit onder meer in opgaarbakke vir rou materiale, 'n pilpersmasjien, 'n kookpot, 'n kompressor, vultregters, 'n draaibank, elektroniese motors, dieseltenks, 500 kVA-kragopwekkers, kantoormeubels en -toerusting. 'n Gedetailleerde inventaris kan op PVA se webblad onder webverwysing 1353 besigtig word.

Eiendomme in Vryburg, Riviersonderend en Vereeniging sal vir drie opeenvolgende dae op die persele opgeveil word. Industriaweg 5, Vryburg (webverwysing 1144) word van 12:00 op Dinsdag 3 Oktober opgeveil. Die eiendom van 2,5389 ha met 'n geskatte bruto verhuurbare oppervlakte (GLA) van 9 285 m², bestaan onder meer uit 'n kantoorgebou met toiletgeriewe vir personeel, 'n kantien, 'n sekuriteitskantoor, werkswinkels, 'n graanmeulestoor en graanbergingsilo's. Van Riebeecklaan 1, Riversonderend (webverwysing 1146) sal om 12:00 op Woensdag 4 Oktober opgeveil word. Dit is 1,6828 ha groot met 'n geskatte GLA van 4 472 m². Verbeterings sluit onder meer in 'n kantoorgebou, toiletgeriewe vir personeel, 'n weegbrug- en sekuriteitskantoor en werkswinkels.

Net hierna sal vier onbeboude persele in Mullerstraat, Riviersonderend ook op die veilingsblok kom. Die laaste van die eiendomsveilings begin om 11:00 op Donderdag 5 Oktober op gedeelte 10 van die plaas Panfontein, Vischgatweg, Vereeniging (webverwysing 1140). Dit is 83,6491 ha groot met 'n geskatte GLA van 9 032 m² en bestaan uit onder meer 'n kantoorgebou, toiletgeriewe vir personeel, 'n kantien, laboratorium, 'n sekuriteitskantoor en store.

Die bates sal nog besigtig kan word op Dinsdag 26 en Woensdag 27 September van 09:00 tot 15:00. Vir meer inligting, besoek www.parkvillageauctions.co.za.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM