Liplekker nuweling het pas mark betree

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die kraakvars Sassy™-appelkultivar met sy heerlike soetheid het onlangs winkelrakke in Suid-Afrika getref.Foto: TOPFRUIT
Die kraakvars Sassy™-appelkultivar met sy heerlike soetheid het onlangs winkelrakke in Suid-Afrika getref.Foto: TOPFRUIT

Vir die eerste keer kan verbruikers nou hulle tande in die liplekker Sassy-appel sink - 'n nuweling wat pas die mark betree het.

Dit is die eerste keer dat die Sassy™-appelkultivar in Suid-Afrika geplant en bemark word en nee, dit is nie net vir die buiteland bedoel nie - hierdie appel is reeds op die winkelrakke beskikbaar.

Die Sassy-kultivar kom van Nieu-Seeland en word gekenmerk aan sy dieprooi kleur, soetheid met 'n kenmerkende tikkie suur. Boonop kraak dit met elke happie. Dit word tans in die Ceres-vallei verbou.

"Hierdie appel verander alles vir mense wat hou van krakerige, sappige appels met 'n verfrissende balans tussen soetheid en suurheid," sê Rebecca Fifield, die kostegnoloog by Pick n Pay, die handelaar wat die appels op hul rakke bied.

Volgens haar is appels 'n gunsteling onder hul kliënte en hulle bied 11 van die grootste kultivars. Sy sê dat rooi appels hul grootste verkoper is.

Vir eers gaan daar slegs 'n beperkte hoeveelheid van hierdie appelkultivar op winkelrakke beskikbaar wees, want die boorde moet nog ontwikkel en hul volle kapasiteit bereik.Die Sassy-appels is tans net in uitgesoekte Pick n Pay-winkels beskikbaar.

Dit is hoe Sassy lyk en proe:

Die volgende karaktertrekke is kenmerkend van die Sassy-kultivar:

  • Smaak: Hierdie ferm en krakerige appels bied 'n heerlike eetervaring. Daar is 'n goeie balans tussen soet en suur.
  • Voorkoms: As dit gereed is om te pluk, is Sassy mediumgrootte en bloedrooi met 'n geel agtergrond. As dit oopgesny word, word die rooi van die skil oorgedra na die vlees.
  • Oorsprong: Sassy is in Nieu-Seeland ontwikkel en is gekweek vanuit die kultivars Scifresh, Fuji en Sciros. Dit het 'n vroeër oes en 'n lang raklewe - dus 'n goeie kultivar vir uitvoere.TopFruit, wat die Sassy-kultivar na die mark gebring het, het dié appel op hul lys geplaas van variëteite om hierdie seisoen na uit te sien.

SPELETJIES VANDAG

CTA