Tegnuus

DStv stel gerus: Tariewe styg nie meer op 1 Mei

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
DStv se voorland is nie rooskleurig nie. Foto: Unsplash
DStv se voorland is nie rooskleurig nie. Foto: Unsplash

MultiChoice was Donderdag een van die eerste diensverskaffers wat bevestig het sy pryse gaan nié op 1 Mei styg nie.

DStv en Showmax se tariewe bly nou soos dit met die jaarlikse styging op 1 April verander het.

Dít nadat die tesourie aangekondig het belasting op toegevoegde waarde (BTW) gaan nie meer van 15% tot 15,5% verhoog word nie.

"Ná bevestiging dat die voorgestelde BTW-verhoging geskrap word, sal DStv nie meer 'n bykomende prysstyging van Mei af instel nie."

Die dienste en produkte van bykans alle ondernemings sou op 1 Mei gestyg het. Banke, selfoonmaatskappye, versekeraars en munisipaliteite het die oor die laaste paar weke die nuwe tariewe per SMS of e-pos aan verbruikers aangekondig.

Vox was onder dié wat vinnig beweeg het om aan te kondig BTW op sy internetdienste bly onveranderd op 15%.

MultiChoice het voor April verhogings van tussen 2,1% en 6,5% in sy tariewe aangekondig, met DStv Premium wat R50 duurder geword het en Compact Plus R40.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM