Tegnuus

Vaarwel vir google.co.za

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Google gaan binnekort nie meer plaaslike domeinname gebruik nie.  Foto: Getty
Google gaan binnekort nie meer plaaslike domeinname gebruik nie. Foto: Getty

Die soekenjin Google gaan binnekort nie meer unieke internet-domeinname vir elke land hê nie.

Om meer plaaslike en relevante soekresultate te lewer, het Google in die verlede landkode-topvlakdommeinname gebruik, soos google.co.za vir Suid-Afrika of google.ng vir Nigerië.

Dié domeinname is egter nie meer nodig vir plaaslike soekresultate nie en sal almal binnekort wêreldwyd na google.com verander, sê Google in 'n verklaring.

Diegene wat steeds die domeinname van hul eie land gebruik, sal na google.com herlei word.

"Hierdie verandering sal geleidelik oor die komende maande in werking gestel word en jy sal dalk gevra word om in die proses weer van jou soekvoorkeure in te voer."

Google sê ook dit sal nie die manier hoe die soekfunksie werk, verander nie, en ook nie verpligtinge onder nasionale wetgewing beïnvloed nie.

- stefani.terblanche@media24.com

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM