Tegnuus

Van Blue na Blu: Cell C-eienaar wil sy naam verander

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die huidige kenteken van Blue Label Telecoms.
Die huidige kenteken van Blue Label Telecoms.

Blue Label Telecoms, die eienaar van onder meer Cell C en Ticketpro, wil sy naam verander. Die nuwe naam sal steeds herkenbaar wees: Blu Label Unlimited.

In 'n Sens-verklaring sê die groep hy is met groot herstrukturering besig waarin sy telekommunikasie-sake-eenhede geskei word van dié buite telekommunikasie.

Daarom beskou die direksie dit as belangrik dat die verwysing na telekommunikasie uitgehaal word.

Die verkorte vorm "Blu" is onlangs begin gebruik as die handelsnaam en kenteken van die groep.

Aandeelhouers stem op 11 Augustus oor die naamsverandering en, as dit goedgekeur word, dryf die groep van 27 Augustus af onder die nuwe naam handel.

Die aandeelkode op die JSE sal nie verander nie.

Blue Label het benewens Cell C verskeie ondernemings wat digitale produkte verkoop, insluitend kragkoopbewyse. Die firma het ook 'n media-afdeling wat onder meer advertensies op geboue, reklameborde en voertuie aanbring.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM