Satyn is ’n gewilde stof vir die somer, veral vir rokke en rompe. Om die sygladde elegansie van die stof te laat seëvier, dra goeie vormdrag onder satyn.

Tydens die vertoning van Chanel se haute couture-reeks vir Lente/Somer 2025 in Parys is verskeie uitrustings in ligblou gesien, in teksture van tweed tot deursigtige stowwe.
’n Hemp met ’n klassieke snit kry vroulike detail met strikke op die sakke. Saam met jeans is dit perfek vir naweekgemak, of stylvol vir kantoor met ’n romp.
Die laer retro-tekkie van die 1970’s word terugverwelkom nadat bonkige tekkies die laaste paar jaar oorheers het. In ligblou is dit soos ’n vars asemteug vir jou skoenversameling.

’n Deurgestikte handsak bly gesofistikeerd. In die nuwe seisoen trek ligblou variasies aandag.

Modern vir kantoor kan jy die tradisionele swart broek verruil vir ’n ligblou broek wat jy saam met jou gunsteling- wit hemp dra.












