Winter se warmste style: Hier is die trends wat almal nou dra

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

1. Sensasionele suède

As daar één nuwe tekstuur is wat jou winterkas nodig het, is dit suède. Baadjies, rompe, handsakke tot skoene - jy kan kies wat die beste by jou persoonlike styl pas.

2. Plattelandse sjiek

Broek van geruite stof (R1 299) en taankleurige kunsleerbaadjie met mantel (R1 999), Zara. Wynrooi-en-roomkleurige gestreepte trui (R999), Old Khaki. Bottelgroen kunsleer-insteekskoene (R999), Poetry. Olyfgroen fedora-hoed van herwinde poliëster (R399), Woolworths. Foto: Cass Collett

Dié trend weerspieël die kalmte van 'n naweek weg - al is jy in die stad. Byna soos 'n Britse adellike wat met jou honde in die buitelug gaan stap.

Wees op die uitkyk vir items in geruite stof, truie, leerbaadjies en lang jasse.

3. Wenner-wynrooi

Wynrooi potloodromp van poliëstermengelstof (R399) met bypassende skouerlose peplumstyl-top (R559), chiffonrok met uitklokmoue (R699) en satynserp in haar hare (R189), alles van Foschini. Klein bokshandsak met verwyderbare band (R599), Luella by Foschini. Goue oorbelle met kunsstene (R400), Lovisa. Foto: Cass Collett

Ons kan net nie genoeg kry van hierdie kleur wat ons laat dink aan 'n heerlike glas rooiwyn voor die kaggel nie.

Of jy dit treffend van kop tot toon dra of gebruik as die skilderdoek om 'n ander kleur tot sy reg te laat kom, dié koelrooi werk perfek.

4. Kollig op satyn

Swart satynrok in 'n kaftanstyl met roomkleurige fraiings (R1 299) en punthakskoene met sebravelpatroon (R1 299), Luella by Foschini. Goue oorbelle (R290), Lovisa. Goue armband (R179), Woolworths. Foto: Cass Collett

Satyn is lankal nie meer net vir die aand nie. Dié vloeiende materiaal laat jou alledaagse uitrustings glinster - van rokke en rompe tot pajamastyl-pakke.

Dra dit met fraiings, vere of kant vir 'n ekstra weelderige voorkoms.

5. Kraaglose baadjie

Roomkleurige bouclé-baadjie (R1 199) en satynhemp met patrone in wynrooi, beige en roomkleur (R549) met bypassende broek (R499), Woolworths. Kunspêrel-en-diamanté-oorbelle (R270), Lovisa. Foto: Cass Collett

Met inspirasie van Coco Chanel se oorspronklike tweed-ontwerp, ontplof dié baadjie die winter in verskillende kleure en teksture. Dra dit op sy eie as 'n top of bo-oor 'n trui of bloes.

6. Luuks-sportief

Rooi wyepypbroek van herwinde poliëster met streep aan kant (R899) en roomkleurige baadjie met swart koorddetail (R899), Zara. Naaswit gestreepte trui van katoen (R699), Woolworths. Silwerkleurige oorbelle (R180), Lovisa. Silwerkleurige puntskoene met lae hak (R599), Foschini. Foto: Cass Collett

Gemaklike broeke kraai steeds koning en wat is beter as 'n sportstyl-broek. Die geheim is om nie te lyk of jy gaan oefen of tyd langs die sportveld deurbring nie.

Rooi wyepypbroek van herwinde poliëster met streep aan kant (R899) en roomkleurige baadjie met swart koorddetail (R899), Zara. Naaswit gestreepte trui van katoen (R699), Woolworths. Silwerkleurige oorbelle (R180), Lovisa. Silwerkleurige puntskoene met lae hak (R599), Foschini. Foto: Cass Collett
Rooi wyepypbroek van herwinde poliëster met streep aan kant (R899) en roomkleurige baadjie met swart koorddetail (R899), Zara. Naaswit gestreepte trui van katoen (R699), Woolworths. Silwerkleurige oorbelle (R180), Lovisa. Silwerkleurige puntskoene met lae hak (R599), Foschini. Foto: Cass Collett

Die broek kry 'n luukse voorkoms saam met hakke, 'n hemp of snoesige trui, snyersbaadjie en bonkige of laag-op-laag juwele.

7. Sjokoladebruin

Sjokoladebruin blinker-en-kant-top (R1 699) en rok van breistof met chiffon-onderstuk (R1 699), Zara. Goue hoepeloorbelle (R199 vir stel van 3), Lovisa. Foto: Cass Collett

Die kleur laat jou binnetoe glimlag, soos jou eerste hap van 'n heerlike sjokolade-koek. Versterk die emosie in 'n uitrusting deur te speel met teksture soos breistof, kant, blinkers en fluweel.

8. Luiperdvel-patroon

Olyfgroen luiperdvelpatroon-maksiromp van viskose-mengelstof (R899), Poetry. Kakiekleurige geplooide bloes met uitklokmoue van georgette (R699), Luella by Foschini. Swart kuitstewels van kunsleer (R899), goue halssnoer (R189) en goud-en-silwerkleurige kettinghalssnoer (R179), Woolworths. Kunspêrel-halssnoere (R280 vir stel van 2) en swart kunsleer-handsak met kunsbamboes-handvatsels (R999), Lovisa. Foto: Cass Collett

Op die loopplanke het dit gewemel van die patroon, van Zimmermann tot Christian Dior! Bloese, rokke, jasse en bykomstighede, dis jou tyd om katjie van die baan te wees.

Model Meagan Shehab van Ice Models

Grimering en hare Hannah Kruyer-Maritz

Mode-assistent Jancke Potgieter

Katvoets

As jy hierdie winter oemf aan jou uitrustings wil gee, is dit vir seker met 'n luiperdvelpatroon-stewel of -skoen. Tydlose skoenstyle kry persoonlikheid met dié ikoniese patroon.

1. Punthakke, 'n reuse-trend vir die seisoen!

By Woolworths. Produkfoto: Verskaf
By Woolworths. Produkfoto: Verskaf

Van eenvoudig in swart, met 'n luiperdvelpatroon, strikdetail tot blinkers. Dié elegante skoen laat elke uitrusting luuks lyk. Swart punthakskoene van maasstof met blinkers (R599), Woolworths.

2. Die balletstyl-skoen seëvier steeds

Ná 20 jaar is die gemaklike, vroulike skoen net so gewild soos in die vroeë 2000's, en die tydskrif Vogue bestempel dit selfs as vanjaar se moet-hê-skoen. Beige-en-swart balletstyl-skoen van kunsleer (R329), H&M by Superbalist.

3. Stewels skiet vanjaar die hoogte in!

By Aldo. Produkfoto: Verskaf
By Aldo. Produkfoto: Verskaf

Ná jare waarin die enkelstewel oorheers het, is langer stewels weer 'n trend. Kies kniestewels of stewels tot by die bobeen.

By Gucci se Herfs/Winter 2024/2025-vertoning in Milaan is die meeste van die uitrustings afgerond met kniestewels. Foto: Getty Images

Stylvol en vleiend saam met rokke en rompe. Bruin kniestewel van leer (R3 799), Aldo

4. Suède - die gonswoord van Winter 2025

By Poetry. Produkfoto: Verskaf
By Poetry. Produkfoto: Verskaf

Die luukse tekstuur is 'n moet vir 'n treffende winteruitrusting, by van jou gunsteling-jeans tot 'n vloeiende rok. Karamelkleurige enkelstewel van suède

(R1 799), Poetry.

5. Gemak is die wagwoord by die insteekskoen

By Forever New. Produkfoto: Verskaf
By Forever New. Produkfoto: Verskaf

Vir 'n aweregse voorkoms, dra die klassieke skoen saam met sokkies wat die aandag trek. Swart kunsleer-insteekskoen (R1 099), Forever New.

* Produkpryse is voorgestelde pryse en kan verskil van winkel tot winkel

SPELETJIES VANDAG

CTA