September 2021 ek is 'n student, maar bevind my amper elke naweek by die hys
My Ma se hys met my aankoms vra my Mamma my of ek koffie gaan drink; so amper asof ek 'n gas is
soos oudergewoonte sê ek: "asseblief Mamma"
ek luister na hoe sy stuk sny oor die week se gebeure oor wie nou weer wat gesê of gedoen het,
Sy lag ek ook
Haar lag is aansteeklik
dit weergalm in my binnekamer
en tokkel aan die snare van my hart
Sy is my hys dis wanneer ek by haar is wat alles sin maak waar die seer verdwyn
hoe vertel ek vir my hys dat ek haar wil verlaat om die ewige my nuwe Huis te maak
hoe sê 'n kind vir haar Ma dat sy nie meer wil lewe nie
- Janice is 'n onderwysstudent in haar vierde jaar by die Nelson Mandela Universiteit. Sy woon in Clarkson in die Oos-Kaap.
- Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig die van Netwerk24 nie.
- Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier!
- Volg ons op Instagram en Facebook!
WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF? Maar jy wonder hoe dit werk? Kyk hierdie video:
















