Bishops behaal wegholsege

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Pixabay
Foto: Pixabay

Het SACS se krieketspelers eksamen-ritteltits gehad of wasBishops net skitterend op dreef?

Nitemin, Bishops (230) het SACS Saterdag in hulkrieketwedstryd vir net 71 lopies uitgeboender om 'n wegholsege tebewerkstellig. James Robb-Quinlan (81) was Bishops se groot staatmaker.

Wynberg het op sy beurt Rondebosch (198) met ses paaltjiesgeklop - ten spyte van Noah Heath (71) se hardnekkige kolfwerk vir Rondebosch.In Stellenberg se oorwinning met drie paaltjies oor Curro Durbanville (166),het Kyle van Santen (70) sy span deur die drif getrek. Daniyaal Klinck (93) hetop sy beurt vir Stellies se boulers hoofbrekens besorg.

In die Boland het L. Basson (101*) van Paul Roos Gimnasiumdie weg gebaan het vir 'n (233/7) oorwinning met 35 lopies oor Paarl Gimnasium.

Dit was Owethu Moyi (110*) wat Somerset College (231/2) na'n agtpaaltjie-sege geplaas het oor Hermanus vir wie Trevor Titus (81) ookpragtig op dreef was. Ander individuele uitblinkers in die WP se o.15-wedstrydewas Connor Fourie, Hamza Camroodien, Christopher Bezuidenhout en Zeke Abrahams.Die beste individuele vertoning in die Suidwestelike distrikte was LeightonManewell.

Sarel Burger

SPELETJIES VANDAG

CTA