Wees deel van Die Burger se matriekbylaag!

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto:
Foto:

Die Burger nooi alle matrikulante en skole oor die Wes-Kaap heen om deel te wees van hul matriekbylaag vir 2025.

Hierdie spesiale uitgawe verskyn jaarliks saam met die matriekuitslae en bied 'n unieke platform om die prestasies en hoogtepunte van die matriekleerlinge te vier.

Waarom deelneem?

Die matriekbylaag het 'n waardige tradisie geword wat nie net die akademiese prestasies van matrieks beklemtoon nie, maar ook leerlinge se stories oor deursettingsvermoë deur moeilike tye en omstandige te vertel.

Hierdie bylaag bied matrieks die geleentheid om hul stories te deel en erkenning te kry vir hul harde werk en toewyding deur hul skoolloopbaan.

  • Vir enige navrae of verdere inligting, kontak assebliefvir Denique Smith by denique.smith@media24.com.

SPELETJIES VANDAG

CTA