Fraser-Pryce gaan weer haar spykerskoene aantrek

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Shelly-Ann Fraser-Pryce keer vanjaar terug na die atletiekbaan. Hier is sy in 2023 in aksie op die Wêreldkampioenskap in Boedapest, Hongarye.  Foto: Getty Images
Shelly-Ann Fraser-Pryce keer vanjaar terug na die atletiekbaan. Hier is sy in 2023 in aksie op die Wêreldkampioenskap in Boedapest, Hongarye. Foto: Getty Images

Die Jamaikaanse naelloper Shelly-Ann Fraser-Pryce, 'n driemalige Olimpiese kampioen, gaan vanjaar terugkeer na die atletiekbaan.

Fraser-Pryce (38) is 10 keer in haar loopbaan as wêreldkampioen gekroon. Aan die einde van 'n video met hoogtepunte van haar loopbaan wat sy vandeesweek op Instagram geplaas het, staan daar dat sy "onafgehandelde sake" het.

In 2008 en 2012 het Fraser-Pryce die goue medalje in die 100 m op die Olimpiese Spele gewen. Op die Spele in 2016 het sy die bronsmedalje in dié item verower.

Verlede jaar se Olimpiese Spele het vir Fraser-Pryce op 'n lae noot geëindig toe sy nie aan die 100 m-halfeindronde kon deelneem nie omdat sy ten tyde van haar opwarming 'n besering opgedoen het. - Reuters

SPELETJIES VANDAG

CTA