Twee Oseane vind dán plaas

Lesotho se Khoarahlane Seutloali wen vanjaar se Twee Oseane-wedloop oor 56 km.  
Lesotho se Khoarahlane Seutloali wen vanjaar se Twee Oseane-wedloop oor 56 km.   (Foto: Theo Jeptha)

Nadat daar vroeër gevrees is dat die toekoms van die Twee Oseane-wedloop oor 56 km in die Kaap in die gedrang is, is Maandag bekend gemaak dié byeenkoms sal wel volgende jaar op 11 en 12 April gehardloop word.

Daar is ook bekend gemaak dat die ervare padwedloop-organiseerder Michael Meyer se maatskappy, Stillwater Sports, die wedloop sal reël.

Die toekoms van die wedloop was juis in die gedrang omdat die Kaapstad-metroraad gesê het hy gaan sy finansiële ondersteuning beëindig.

Dít was nadat die stad se permitkantoor die dag voor die wedloop agtergekom het daar is meer deelnemers as waarvoor toestemming gegee is.

Dít was ’n oortreding van die Wet op Veiligheid in Sport en Ontspanningsgebeure van 2010.

Hierna het die nuwe raad van die wedloop besluit om ’n professionele organisasie aan te stel om die wedloop te organiseer.

Die byeenkoms bestaan benewens die ultra-wedloop ook uit ’n baie gewilde halfmarathon en ’n veldwedloop.

SPELETJIES VANDAG

CTA