Swys de Bruin Shimlas se nuwe grootbaas

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Swys de Bruin, 'n voormalige hoofafrigter van die Leeus, is as direkteur van afrigting by die Shimlas aangestel.

Swys de Bruin gaan voortaan oorhoofs verantwoordelik wees vir rugby-afrigting by die Shimlas. Foto: Gallo Images
Swys de Bruin gaan voortaan oorhoofs verantwoordelik wees vir rugby-afrigting by die Shimlas. Foto: Gallo Images

André Tredoux, wat voorheen by die Universiteit van die Vrystaat betrokke was, is die nuwe hoofafrigter in die plek van Pote Human.

Human was net vir een seisoen gekontrakteer en gaan sy loopbaan in Amerika voortsit.

De Bruin, wat benewens die Leeus by verskeie ander provinsiale spanne betrokke was, was ook al 'n hulpafrigter van die Springbokke.

Tredoux was onder meer in Japan betrokke en het die Madibaz vanjaar in die Varsitybeker-reeks afgerig.

Die Shimlas het met dié aanstellings gewys hulle is ernstig daaroor om weer 'n krag te word. Dit behoort belowende spelers te lok, terwyl plaaslike talent voortaan ook nie ander heenkome sal gaan soek nie.

Hendro Scholtz, 'n voormalige hoofafrigter van Shimlas, is ook lid van die afrigterskorps. So ook Tiaan Lienbenberg, oud-haker van die Westelike Provinsie wat by die Ixias betrokke was.

Mark Nicholls en Rashied Isaacs is ook lid van die bestuurspan.

SPELETJIES VANDAG

CTA