Charné Griesel, 'n 21-jarige regstudent van die Universiteit van Pretoria, het Maandagaand die bronsmedalje in judo vir vroue onder 52 kg by die Statebondspele gewen.
Dit was Suid-Afrika se tweede medalje vir die aand.
Vroeër het Griesel se vriendin en mede-Tukkie Michaela Whitebooi die goue medalje in die afdeling vir vroue onder 48 kg verower.
Griesel se medalje is Suid-Afrika se negende by vanjaar se Spele.
Hou Netwerk24 dop vir meer later. - Sarel van der Walt




















